Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Boothengelaars van die Birkenhead Boothengelklub was heel tevrede met hul vangste wat hulle Saterdag, 4 Maart, kant toe gebring het, ten spyte van die feit dat die dag se vangs oor die algemeen as swak beskou is.

Die swaarste vis wat gevang is, is ‘n geelbek van 1.7kg deur George Rowan.

Een van die klub se knap juniors, JP Uys, kon nie deelneem nie. Sy vriend, Hennie Groenewald het met die louere weggestap met die tweede swaarste vis, asook vir die swaarste sak.

Vyf bote het ingeskryf en al vyf het ingeweeg. Die aantal bemanning was 17, waarby een junior ingesluit was, en die hengelaars het 7 spesies ingeweeg.

Die totale aantal vis was 93, met 'n totale massa van 67.4kg, wat ‘n gemiddeld van 3.94kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis 1.70kg, George Roman (geelbek); 2de swaarste vis 1.30kg, Hennie Groenewald (roman); swaarste sak (8.40kg), Hennie Groenewald (Jnr); 2de swaarste sak (8.30kg), Ben Uys; swaarste bootgemiddeld (8.12kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (7.20kg), Bella Me van Bev Swart.

Hierdie kompetisie was die klub se vierde boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers is: Bootkampioene - Oupa (29.45kg) van Ben Uys, Bella Me (13.38kg) van Bev Swart en Relêks 2 (8.30kg) van Jean Downing; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (23.50kg), Danie Fourie (21.50kg) en Piet le Roux (13.90); Junior Visvang-kampioene - JP Uys (18.40kg) en Hennie Groe-newald (10.0kg).

Met die oor op die grond kon opmerkings soos, “wag maar, die jaar is nog lank”, gehoor word.

Birkenhead hengelaars tevrede met vangs

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles