Wynproewers kuier per bus

Wynproewers kuier per bus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wyngilde se 22 lede en gaste was behoorlik soos sardyntjies ingeryg in die bussie waarmee hulle Vrydag, 10 Maart ‘n wynproetoer aangepak het.

Wynplase tussen Villiersdorp en Worcester is besoek.

Glasies met KWV brandewyn en Bakenskop se muskadelwyn is vooraf gereed gekry vir die opgewonde passasiers – hulle het mos nie nodig gehad om te bestuur nie.

“So opgewonde soos ‘n groep skoolkinders op pad na ‘n veldskool, kon mens amper die ‘oompie trap die petrol’-liedjie enige oomblik verwag,” vertel Nelleke Ferreira van die gilde. “Die arme busbestuurder het behoorlik sy hande vol gehad met 22 ‘backseat-drivers’ - elkeen met ‘n eie mening oor die Hermanuspad of die Caledonroete.”

Die eerste wynstop was Eagles Cliff Wynkelder, waar die groep gaande was oor die springbokke en zebras wat hulle ingewag het. Daar het wynmaker Christiaan Groenewald hulle verwelkom.

Christiaan het in 2013 die toekenning ontvang vir die “Diners Club Winemaker of the Year”.

Die proewyne was 2016 Eagles Cliff Sauvignon Blanc; 2016 Arendskloof Pinot Grigio; 2016 Eagles Cliff Pinotage; 2016 Arendskloof Voetspore Shiraz.

Die groep se tweede wynproestop was die Brandvlei Wynkelder (BC wines), waar Danie Conradie hulle van die beginfase van die wynmaakproses vertel het. Hulle kon ook die eienaardige smake van sap, mos en vaalwyn proe, alvorens die wynmaakproses begin.

Daarna is 3 witwyne en 3 rooiwyne geproe: 2016 Sauvignon Blanc; 2016 Chenin Blanc; 2016 Chardonnay; 2015 Ruby Cabernet Merlot versnit; 2015 Shiraz; 2015 Cabernet Sauvignon.

Die laaste besoekpunt was Cilmor Winery, waar wynmaker Quinton van der Westhuizen hulle ingewag het.

‘n “Welverdiende” middagete, na al die wynproewery, is bedien. Die groep het ook die voorreg geniet om van die wynkelder se “populêre reeks” en hul “Premium-reeks” se wyne te proe:

“Populêre reeks”: Fruity Bouquet, ‘n wit versnit van 50% Sauvignon Blanc en 50% Chenin Blanc; Candy Floss Rosé, ‘n gemaklike Rosé; Berry Juice Red, ‘n mengsel van rooi wyne.

“Premium reeks”: 2015 Chenin Blanc; 2015 Sauvignon Blanc; 2015 Merlot Rosé en 2015 Pinotage.

Met ‘n versadigde gevoel na die middagete, is vriende van die Wynproegilde, Jurgen en Miemie Noordermeer, by hul huis op die oewer van die Kwaggaskloofdam besoek. Daar is hulle bederf met ‘n kaasbord, nog wyn, asook bier of koffie vir diegene wat “uitgewyn” was.

Nelleke sê die komiteelede het hulself met die reëlings oortref, met spesiale dank aan lede Steve Donnely, Theuns Roodman (voor-sitter) en die De Witt-gesin.

Wynproewers kuier per bus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles