Gr 4's leer hul dorp ken by Laerskool Gansbaai

Onder die bekwame leiding van hul Geskiedenis-onderwyseres, Heidi Chivell, het die Graad 4’s van Laerskool Gansbaai verlede week ‘n baie interessante museum uitstalling in die skoolsaal aangebied. 

Die graad 4's van Laerskool Gansbaai het verlede week 'n uitstalling oor die geskiedenis van die dorp in die skoolsaal gehou. Nicole Schutte (links) en Elani Halleen het saamgespan. Behalwe vir die kapkarretjie, ou skeermes en possak, het almal die foto waarop hulle juffrou, Heidi Chivell as jong onderwyseres baie amusant gevind. Die foto is 38 jaar gelede geneem toe Heidi in Gansbaai begin skoolhou het.
Adri Groenewald het ‘n hele dorpie ingehandig met dolosse op die voorgrond, die Danger Point Ligtoring en die Strandveld Museum.  Sy het Glenda Kitley, bestuurder by die Gansbaai Toerisme kantoor, gekies om ‘n onderhoud mee te voer.
Nina van der Werf staan hier by Juffrou Heidi Chivell.  Haar  ‘Van Toeka tot Nou’ uitstalling het onder andere bestaan uit ‘n Universal Avo meter wat uit 1944 dateer en ‘n Micro TV wat in 1964 in Japan gebou is.
GansbaaiCourantNew