Wat kan so lekker wees?

Wat kan so lekker wees?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Deesdae gaan ek meestal met die boot hengel, maar jare terug was my belangstelling by kushengel. Ons het gevang in die see, damme, riviere, vleie en sommer ook in ‘n swembad (dis ‘n storie vir later!).

Mens assosieer gewoonlik die verskillende plekke met die soort vis wat jy daar vang of gevang het. Byvoorbeeld, ekstra vet galjoen by Stilbaai, Jongensfontein en Blombos. Ook die witste galjoen by Milnerton, Blaauwberg en Melkbosch (dink die spelling was reg vir daardie tyd). Die dae by die Dam, Rietfontein, Die Gruis en Die Plaat, toe jy nog met jou voertuig op enige plek kon oornag en daar boonop geen beperking of kwotas was nie, is geëts in jou geheue. Ai. Daar is ook plekke soos Bettiesbaai, Rooi-Els en die Boulders. Ek onthou die dag toe ek en my pa op Platbank gaan vang het en ek ‘n wreedaard van ‘n witsteenbras uitgebring het. So groot dat hy die Opel Rekord se groot kattebak van kant tot kant volgelê het. Die oukêrel is eerste daar weg en toe ek die aand by die huis aankom en die vis wil gaan weeg, was die kerrievis reeds gemaak!

As kind het ek by die Milnerton-lagune gaan aasvis vang met fuike en bottels. (Vra my gerus hieroor.)  My pa en broer is ook saam toe ons in die Kaapse dokke monster stokvis, snoek en maasbankers gevang het. Ons het geen spesiale tegniek gehad nie, maar tog baie vis gevang en die genot was genoeg beloning.

Op ‘n keer was my nuwe vroutjie en ek en swaer Boetie en sy vrou op pad na George, Knysna. Ons het op pad êrens gestop om bietjie piekniek te maak. Ek het opgelet dat daar reuse erdwurmhopies was en gedagtig aan die steenbras wat ek al gevang het met hierdie wurms, besluit om my swaertjie te wys hoe jy die goed kan laat gesigwys deur die draai van ‘n stok in die hopie grond. Hy het my nie geglo nie. Daardie dag wou dit nie werk nie en ek het sommer so ‘n lang paal probeer wat natuurlik vir baie meer geraas in die sand gesorg het, steeds met geen sukses. Ek het nie van Boetie se “glimlag” gehou nie! Met die kombers oor die gate het ons begin piekniek hou toe ek gewaar die kombers lig-lig so. Wat na bo gekom het was die grootste en dikste erdwurms wat ek ooit gesien het. Dit hang in ‘n groot koeldrankbottel van bo in die kop tot onder in die boom. Boetie se agting vir my is herstel!

Daar is nog baie plekke met hul eie herinneringe en so kan mens aangaan  --  hoe kan jy nie lief wees vir hengel nie? 

Baie groete,
Seemeeu

Wat kan so lekker wees?

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles