Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gesogte Lions Light-house to Lighthouse bergfietsren word oor die naweek van 8 en 9 April aangebied.

Dit is die 17de keer dat Gansbaai Lionsklub die rit aanbied.  Deelnemers kan hul gereed maak vir pragtige natuurtonele wanneer hulle deur natuurreservate en plase waar die gewone burger nie normaalweg toegang kry nie, gaan fietstrap.

Die Lions bied die wedren aan ter stywing van dié diensorganisasie se fondse.

Fietsryers wat nie kans sien vir die afstand nie, kan slegs die Saterdag-enkelroete van Danger Point tot by Agulhas doen.

Daar is vier waterpunte op die roete en deelnemers slaap Saterdagaand in Agulhas-karavaanpark, vanwaar hulle weer die volgende dag terug ry.

Die Lions sal sorg dat ryers se tente van Gansbaai na Agulhas en terug vervoer word. Enkelritdeelnemers se voertuie sal ook in Agulhas besorg word, sodat hulle daarmee kan terugkeer.  Meer besonderhede oor die fietswedren kan verkry word van Pieter de Villiers by 083 628 9826 of op www. roag.co.za of op hul Facebook-blad:  Gansbaai Lions Club.

Ondersteun die Lions

Die Lionsklub nooi mense wat betrokke wil raak by hul gemeenskap, om by sy vergaderings te gaan inloer.

Die volgende vergadering vind Dinsdagaand, 4 April plaas.  Skakel Boats van Staden by 072 789 3627 vir meer besonderhede.

Operation Bright Sight

Die Lions is bekend vir die goeie werk wat met Opera-tion Bright Sight gedoen word.  Mense met swak sig, wat dit nie kan bekostig om ‘n bril aan te skaf nie, word deur die Lions gestuur vir ‘n oogtoets en ‘n bril, waarvoor die organisasie betaal.

Kospakkies

Die Lions help ook met kospakkies waar hulle bewus is van nood en voorsien op ‘n maandelikse basis voedsel aan die Elim-kinderhuis, Laerskool Okkie Smuts en werk nou saam met pastoor Frikkie Zeelie.

Soos wat die 19 aktiewe lede al agtergekom het, raak die lewe lekkerder hoe meer jy van jouself gee. Is dit nie tyd dat jy uitreik nie?

Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles