Black Leaves wen 'n titaniese stryd

Black Leaves wen 'n titaniese stryd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens ‘n rillerstryd kon die A-span van Black Leaves uiteindelik daarin slaag om Botrivier verlede Saterdag met 29-27 te klop.

Maklik was dit glad nie, want die Baai kon eers daarin slaag om die knoop in die laaste minute van die stryd deur te haak.

Die wedstryd kan beskryf word as ‘n wipplank ryery wat betref die uitslag.

Danksy die skopvoet van die losskakel Evon Visser wat die Baai in die prentjie gehou het, met twee vroeë Evon strafskoppe (6-0).  Botrivier antwoord met ‘n doel om die telling 6-7 te maak. 

Black Leaves behou die druk en forseer die besoekers tot foute wat Evon weer uitbuit (9-7), maar Botrivier besef hulle sal drieë moet druk om die skopvoet van Evon te troef.

Die Baai se verdediging swig behoorlik onder die besoekers wat lei tot ‘n doel (9-14), maar vir die soveelste keer slaag die tuisspan se losskakel daarin om die Baai tot 12-14 te bring en in Botrivier se nek te blaas.  Met die aanbreek van die tweede helfte spat die vonke en die besoekers soek die pale twee keer op (12-20).  Hier begin dinge lelik lyk nadat die Baai glad nie deur die verdediging kan bars nie.  Drieë druk word nou ‘n noodsaaklikheid.

Enwill Hickley, senter van die Baai, is verwoestend deur die teenstanders vir ‘n vyfpunter wat verdoel is deur Evon (19-20).  Met die tyd wat einde se kant toe staan, verras Botrivier met ‘n pragdoel (19-27) wat aan hulle baie vertroue gee en hulle dink die spel is gewen.

Die veteraan, Dilano Booysen (vleuel) het getoon dat hy nog oor soveel vaart beskik om te gaan afrond met ‘n pragdrie (24-27).

Dit was asemophoutyd toe Botrivier misluk met ‘n strafskoppoging na die pale, maar Enwill Hickley beklink die wedstryd met nog ‘n manjifieke drie (29-27). 

Die manne se samespel het deurentyd vrugte afgewerp met veral Reduwaan Preslin voorlangs en Jabre Mouries (slot) wat beïndruk het, maar dit was weer eens die ou strydros Francie Pieter (flank) wat week na week sy hart uitspeel.  Hy word as Speler van die Wedstryd aangewys.

Derde span wen ook

Black Leaves se derde span spring goed weg en wen (15-12).  Puntemakers hier was (drieë):  Elias Hans (1) Nando Mert (1) en Denzil Hendricks (1).

B-span delf die onderspit

Black Leaves se B-span het nie die paal gehaal nie.  Puntemakers hier was:  Asanda, Komani en Donald Dickson.

Black Leaves durf hierdie Saterdag die gedugte spanne van Hawston aan.  Maklik sal dit beslis nie wees nie, maar met die temperament en intensiteit waarmee die manne deesdae speel, kan die vonke dalk spat.

Ry saam en ondersteun die Baai.

So sê “BRAG”

Black Leaves wen 'n titaniese stryd

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles