Leon Hattingh stap toe weg as wenner met 44 punte tydens die suksesvolle BARC Gholfdag van Saterdag, 18 Maart 2017.
‘n Goeie getal van 37 spelers het aan hierdie Enkel Stableford kompetisie deelgeneem.
Leon is opgevolg deur Etienne Engelbrecht 39, Lambert Smith 39, W Agenbach 38, Gabriel Smit 37, M Cornelius 36, Daan Victor 35, Laurie Sauter 34, Andre Roos 34, Malcolm Bury 34, Hugo Groenewald 34, Johan Coetzee 34 en Jan le Roux 34.
Nearest to the pin was Toni Sauter on no’s 2 and 11 and Steve Donnelly on no’s 8 and 17. Spog Twee’s is deur Steve Donnelly (11) en Malcolm Bury (17) aangeteken.
Woensdag se Sloegterskompetisie was in ‘n Enkel Stableford formaat en die wenner was Johan Coetzee met 36 punte, gevolg deur Solly Wessels 36, Dawie Viljoen 36, Andre Roos 35, Etienne Engelbrecht 33, Leon Hattingh 33, Sextus Neethling 33, El Matthee 32, Wally van Coller 30 en Piet du Toit 29. Naaste aan die penne was Richard Bentz op no’s 2 en 11 en Sextus Neethling op no 15. Solly Wessels teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is deur Solly Wessels met 23 punte gewen en Solly teken ook ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.
Volgende Saterdag is die formaat ‘n Enkel Stableford vir die Sanlam Kanker Uitdaagreeks. Kom ondersteun assseblief hierdie saak - dit is vir ‘n goeie doel en kanker raak een of ander tyd elkeen van ons of ons families of vriende.
Vrydag is weer ‘n Steak & Chips-aand wat geniet kan word.
Johan Coetzee, 082 878 0534
gbgholf@gmail.com