Tweede plek na verbete stryd

Tweede plek na verbete stryd

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Jukskeiklub moes Saterdag die knie voor Agulhas buig met ‘n skrale een punt na ‘n verbete stryd om die wenplek.

Hermanus het die derde plek ingeneem tussen die A-spanne.  Pearly Beach wen tussen die C-spanne, gevolg deur Robertson en Worcester.

Altesaam tien spanne het aan ‘n baie suksesvolle opedag deelgeneem en selfs die windjie het saam gespeel.

Die klub is baie dankbaar vir goeie borgskappe.

Die plaaslike spanne wat deelgeneem het, is Kleinmond, Groenberg, Agulhas en Pearly Beach met Robertson en Worcester wat bygedra het tot ‘n gesellige sportdag.

Toeks na SA’s

Toeks Moore van die Gansbaaiklub het die Wes-Kaapspan gehaal wat van 1-7 April aan die SA Kampioenskappe in Kroonstad gaan deelneem.

Toeks is ‘n gesoute speler wat reeds op 15-jarige ouderdom begin jukskei speel het.  Sy het deur die jare reeds WP, Oos-Transvaal, Boland en Wes-Kaapkleure behaal.

Verlede jaar was sy ook deel van die SA Meestersspan en Kroonstad, die hartland van jukskei, is dus geen vreemde plek vir haar nie.

Gansbaai Jukskeiklub nooi belangstellendes om by hom te kom aansluit.  Skakel Toeks Moore by 082 584 3339.

Tweede plek na verbete stryd

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles