Gansbaai Jukskeiklub moes Saterdag die knie voor Agulhas buig met ‘n skrale een punt na ‘n verbete stryd om die wenplek.
Hermanus het die derde plek ingeneem tussen die A-spanne. Pearly Beach wen tussen die C-spanne, gevolg deur Robertson en Worcester.
Altesaam tien spanne het aan ‘n baie suksesvolle opedag deelgeneem en selfs die windjie het saam gespeel.
Die klub is baie dankbaar vir goeie borgskappe.
Die plaaslike spanne wat deelgeneem het, is Kleinmond, Groenberg, Agulhas en Pearly Beach met Robertson en Worcester wat bygedra het tot ‘n gesellige sportdag.
Toeks na SA’s
Toeks Moore van die Gansbaaiklub het die Wes-Kaapspan gehaal wat van 1-7 April aan die SA Kampioenskappe in Kroonstad gaan deelneem.
Toeks is ‘n gesoute speler wat reeds op 15-jarige ouderdom begin jukskei speel het. Sy het deur die jare reeds WP, Oos-Transvaal, Boland en Wes-Kaapkleure behaal.
Verlede jaar was sy ook deel van die SA Meestersspan en Kroonstad, die hartland van jukskei, is dus geen vreemde plek vir haar nie.
Gansbaai Jukskeiklub nooi belangstellendes om by hom te kom aansluit. Skakel Toeks Moore by 082 584 3339.