Groener weivelde vir Bietoubossers

Groener weivelde vir Bietoubossers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Bietoubossers het besluit om tydens hulle byeenkoms van 14 Maart 2017 “na groener weivelde te gaan soek” - by Groeneweide Kwekery.

“Daar aangekom, was dit nie net ‘n gekuier en versnapperinge geniet nie, maar die vroue kon ook leer hoe om hul kustuine bietjie op te kikker,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai.

Derek Zeller het as gasspreker waardevolle tuinbou kennis met die 42 vroue gedeel.

Die vroue het eenparig gekla oor die arm kusgrond waar hulle moet tuinmaak. “Mulch, mulch, mulch!”, was Derek se eerste reaksie. “Blare, basse, stukkies hout en ook grond-bedekkers kan alles benut word sodat die kusgrond vog kan behou.”

Derek het hulle meegedeel dat die tyd nou reg is om struike te snoei sodat dit in die lente op hul mooiste kan vertoon. Die proses van snoei vir optimum resultate is stap-vir-stap deur Derek verduidelik. Elizma sê die vroue was beïndruk met Derek se vaardigheid met ‘n snoeisker.

Die vroue het ook die voorreg geniet om saam met Derek en Mathilde Roos deur die kwekery te stap waar plante en struike vir verskillende omstandighede aanbeveel is.

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is 11 April 2017 om 10:00. Navrae kan aan Elizma de Lange by 028 384 1963 of 082 511 2743 gerig word.

Groener weivelde vir Bietoubossers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles