Laerskool speel kookwater-netbal

Laerskool speel kookwater-netbal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai se o/13 netbalspanne het Donderdag, 23 Maart 2017 in Bredasdorp gewys dat hulle kookwater netbal speel.

Die spanne het kragte gemeet teen Laerskool Bredasdorp, De Heide Primêr, asook 'n besoekende toerspan, Cheam van Surrey, Engeland.

Die Engelse span het aanvanklik na 'n klomp "bleek beentjies" gelyk, maar die Suid-Afrikanertjies het vinnig agtergekom dat hulle gedugte teenstanders is wat nog weinig van hul wedstryde in Suid-Afrika verloor het.

Laerskool Gansbaai se uitstekende spel het egter 'n oorwinning aan hulle oor al drie laerskole besorg - ook 'n eerste oorwinning in baie jare teen Laerskool Bredasdorp.

Die onoorwonne tellings was: Gansbaai (11) teen Cheam van Engeland (6); Gansbaai (27) teen De Heide (2); Gansbaai (8) teen Bredasdorp (4).

Nuwe rokkies vir o/13A

Laerskool Gansbaai se Eerste netbalspan (o/13A) het pragtige nuwe netbalrokkies - glo mooier as mooi, ontvang - danksy die mildelike borgskap van Gansbaai Superspar se De Wet en Morkel van Niekerk. Elke spanlid het ook 'n baadjie en rugsak ontvang as deel van hul uitrusting.

Chrizülene van Niekerk se puik organisering het vir die borgskap, ontwerp, bestelling en aflewering van die uitrusting gesorg en die skool voel bevoorreg om sulke ouers in hul midde te hê.

Laerskool speel kookwater-netbal

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles