Broodnodige bakkie vir BARC

 Broodnodige bakkie vir BARC

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) is nie net trots op hul ‘nuwe’ tweedehandse bakkie nie, maar veel eerder baie dankbaar.

Sonder ‘n bakkie as vervoermidel, sal die daaglikse bedryf van BARC nie moontlik wees nie.

Annalie Jonker, BARC se bestuurder, sê haar seun, Emiel Jonker en sy pa, Johan, die eienaars van Bloemfontein Bakkie Sentrum in die Vrystaat, het ‘n baie groot rol gespeel. Hulle het die bakkie met R30 000 gesubsidieer.

“Ons sou nooit hierdie broodnodige bakkie kon koop sonder hulle ondersteuning nie. Ons is ook dankbaar vir die ondersteuning van Gansbaai se gemeenskap en besighede,” het Annalie gesê. “Die tekort is uitgewis met die gemeenskap se ondersteuning tydens ons fondsinsamelingsprojekte en mildelike skenkings aan BARC se tweedehandse winkel.”

Annalie sê die tweedehandse winkel op die hoek van Hoof en Fabriekstrate langs Kekkel-en-Kraai, doen baie goed en is ‘n groot bron van inkomste.

Diereliefhebbers kan gerus kennis neem dat BARC losies en versorging van diere aanbied aan mense  wat met vakansie gaan.   

Besoekers aan Gansbaai is ook welkom om hul diere by BARC te laat en is welkom om hulle gedurende die dag te besoek en met hulle te gaan stap. Hierdie inisiatiewe dien ook as ‘n bron van inkomste.

Deel van BARC se langtermyn beplanning is om hierdie jaar nog 10 hokke te bou om meer losiesdiere te kan huisves.

Vir nuwelinge wat dalk nie weet nie, BARC is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009). Annalie het ook verduidelik dat daar ‘n groot verskil tussen welsynwerk vir diere is en die beskerming en red van diere. Laasgenoemde is die gebied waarop BARC fokus.

“Om honde dus op ‘n gereelde basis te voer, is ‘n pragtige gebaar, maar volhoubare versorging, beskerming, behandeling en redding van mishandelde en verwaarloosde diere is ‘n perd van ‘n ander kleur,” vertel Annalie. “Daarvoor is ondersteuning, donasies en finansies broodnodig.”

Vir meer besonderhede kan Annalie Jonker by 028-384-1740 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

 Broodnodige bakkie vir BARC

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles