Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Fikse stappers kan hul voete begin brandspiritus smeer vir die Big2Town vasbytstap wat oor die naweek van 7 en 8 April plaasvind.

Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar dat die Overstrand Sportklub deel uitmaak van die stapbyeenkoms wat oor twee dae strek.  Dit word ook in ander dele van die land deur die SAPD en ander Magte aangebied. Deelnemers reis so ver as van Gauteng af om in Gansbaai te kom deelneem.

Belangstellendes moet fiks genoeg wees om sowat 75km in twee dae af  te lê.

Die roete strek vanaf die munisipale sportgronde, agter om die berg na Grootbos se kant toe, oor die R43, deur De Kelders en eindig die eerste dag na sowat 40km weer by die sportgronde.

Die tweede dag oor sowat 35 km begin weer by die sportgronde en stappers stap na Kleinbaai, Franskraal, oor die R43 deur Strandskloof Karavaanpark en draai na Uilkraalmond se kant toe, waar hulle strandlangs terugkeer en by die Danger Point ligtoring eindig.

Spanne kan uit 3 mans en 3 vrouens bestaan of ses mans of ses vrouens. Daar is ook afdelings vir veterane en seniors. Stappers kan as individue ook deelneem en minder fikse stappers kan vir slegs een van die twee dae inskryf.

Dit is ‘n geregistreerde IWASA-wedloop en medaljes en bekers word uitgereik.

Pretloop

Mense wat net vir die pret wil deelneem, kan die 8km roete stap.  Daar is nog ‘n tekort aan waterpunte en enige instansie, individu of besigheid wat wil bydra tot die sportmanskap van die byeenkoms, kan met a/o René Human tel 028 384 0201 in verbinding tree. 

Die fondse wat ingesamel word deur inskrywings, word aange-wend vir die Overstrand Sportklub.

Vasbytstap beloof 'n uitdaging vir fikses

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles