Belia sing op haar kinderverhoog

Belia sing op haar kinderverhoog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Belia praat aanhoudend vir honderde kilometers lank wanneer hulle op toere gaan”, skerts Manuel Escorcio met sy sangmaat, Belia Lourens.  Die sangpaar het Saterdagaand die 120ste konsert waarin hulle saam opgetree het, in die Pretoriussaal aangebied ten bate van Gansbaai Helpende Hand.

Belia, ‘n oud-Gansbaaier, het die gehoor aan haar voete gehad met haar suiwer sopraanstem.

Dit was vir Belia ‘n baie spesiale aand op die verhoog, want dit was op daardie einste verhoog waar sy die hoofrol in ‘n paar laerskool-operettes vertolk het. Laggend vertel sy van haar rol as Sneeuwitjie.  Haar juffrou het gekla dat sy nie oortuigend val wanneer sy aan die appel verstik nie.  Een aand tydens ‘n vertoning val sy meesterlik neer, maar bly lê.  Haar medespelers moes tot almal se ontsteltenis uitvind dat Belia haar wind uit geval het en die vertoning moes vir ‘n wyle gestaak word.

As een van vier dogters van wyle Sarel en Cecile Vermeulen, het sy goeie herinneringe aan die klein vissersdorpie wat baie na aan haar hart lê – soos vis en ‘tjips’ eet agter die ligtoring op die lang muur.  

En Manuel, van Portugees-Mosambiekse afkoms, voeg by:  Wat sou hierdie land gewees het sonder ’fish and chips’ uit die “Porra” se winkel!

Belia vertel van die laaste oujaarsaand saam met haar pa: die saamsing en vrolike kuier.   Vyf dae later is hy op die Pearly Beach-pad in ‘n tref-en-trap ongeluk doodgery.

Die datum 5 Januarie 1998, is in haar lewenslyn ingegrafeer.  Dit was tydens haar pa se begrafnis, toe sy die lied ‘Jerusalem’ solo gesing het, dat sy besef het die deurmekaar legkaartstukkies van haar lewe het in plek geval.

Haar sangloopbaan het vlam gevat en na 350 konserte saam met Dr Frans van Rensburg  het sy Manuel Escorcio genader om saam met hom as sangmaat op te tree.  Die towerwoord wat haar deur na hom oopgemaak het, was ‘Magdalena Fourie’, befaamde musiek-dosent van Stellenbosch by wie sy sangopleiding ontvang het. Die res is geskiedenis…

Manuel, met sy Portugese aksent, praat van haar as “die ligstraal wat op my kop geval het. Reguit uit die hemel.”

Belia woon deesdae in Porterville saam met haar man, Piet Lourens.  Hulle het twee dogters en sy is baie trots daarop om ‘n ouma van ‘n seuntjie te wees en opgewonde oor die enetjie – ook ‘n seuntjie - wat op pad is.

Belia sê sy is baie trots op Gansbaai.  Oral waar hulle in die land optree, weet mense van Gansbaai, maar nie almal weet van Porterville nie!

Belia en haar man ontspan graag by hulle vakansie-huisie in Pearly Beach.

Belia sing op haar kinderverhoog

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles