Só verdeel minister haar begroting

Só verdeel minister haar begroting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In haar onlangse begrotingsrede op 29 Maart het die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, die kiesers vertel hoe sy die bykans R725-miljoen wat aan die departement toegeken is, wil bestee. Die geld word verdeel onder vier hoofde: Administrasie, Kuns en Kultuursake, Biblioteek- en Argiefdienste en Sport en Ontspanning.

Onder Administrasie sal sowat R63-miljoen bestee word aan die ondersteuning en verbetering van die finansiële stelsels waardeur die orige drie afdelings se besteding aan dienslewering geskied.

Kultuursake behels steun aan die uitvoerende kunstelig-game soos Landelike Kultuuruitreiking wat die uitvoerende en beeldende kunste op veral die platteland bevorder. Die provinsie ondersteun byvoorbeeld 'n Pleknaamkomitee, wat die tradisionele KhoeKhoen-plekname dwarsoor die provinsie wil herinstel. Die oorgelewerde (mondelinge) geskiedenis van die streek word ook nagevors en aangeteken.

Die sowat R5-miljoen wat aan die Departement daarvoor toegewys is, sal taalsteun- en tolkdienste in al drie amptelike tale (Suid-Afrikaanse Gebaretaal-tolking ingesluit) in die Wes-Kaapse regering verskaf, ook nuttige handboeke, soos skaak-, rugby-, krieket- en sokkerterme in Xhosa, 'n gebaretaalboek vir gehoorgestremdes en 'n werksoekhandboek.

Tradisionele inisiasieseremonies kom onder die loep en sal die aandag van geneeskundiges en toksikoloë ontvang om sterftes te verhoed en uiteindelik te laat staak.

Biblioteke en argiewe ontvang sowat R375-miljoen, om die 370 provinsiale biblioteke (sowat 25% van die land se geriewe) en hulle 890 personeellede te bestuur en te betaal.

Met Sport en Ontspanning se R181-miljoen word beplan om sport te bevorder deur die voorsiening van gelykwaardige en toeganklike sportgeriewe aan die Overstrand. Skoolsport en veral individuele atlete wat aan oorsese nommers deelneem, word ook geborg en ondersteun en 'n uitgebreide stelsel inter- en intraskool-kompetisies word bevorder.

Nog 'n innoverende program is die naskoolse "Game changer" waardeur akademiese en sportbedrywighede aangebied word om leerders wat nie huise toe kan gaan nie, kreatief besig te hou. Hulp met sokker, fietsry, tennis, netbal en skopboks, word ook aangebied.

Só verdeel minister haar begroting

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles