Draad-vywer

Draad-vywer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

By ons is ‘n paar manne wat Stilbaai goed ken en die volgende baie interessant sal vind.

Johan Beukes wat daar groot, oud (en mooier!) geword het en nog steeds daar woonagtig is, het my oor die volgende feite ingelig  --  aan Stilbaai Oos se kant lê die Preekstoel-vakansiekamp. So ent verder aan vind jy die Cronje-vywer, waar Johan dikwels in die verlede gehengel het.

Hy het George Cronje, na wie hierdie vywer vernoem is, baiemaal sy vragmotor sien afpak en aan die werk spring. Daar is geen los klippe nie en om ‘n vywer te vorm het George twee pale, so 15 tree uitmekaar daar geplant met ‘n geharde ogiesdraad tussen-in.

Dit, tesame met die rotsriwwe alkant, het dus ‘n vywer gevorm en op volmaan, laagwater die oggend, is daar op die gewone manier deur middel van ‘n brandende fakkel en skepnet, krakers, kabeljou, pens-en-derms, elwe en somtyds ook galjoen, geskep.

Die draad moes, as gevolg van roes, kort-kort vervang word en of daar nog deesdae enige van hierdie gemaakte vywers te bespeur is, is ‘n ope vraag.

Dit maak egter deel van die geskiedenis uit. Boonop is hierdie area vir ‘n paar kilometer deesdae ‘n reserwe waar geen hengel toegelaat word nie.

Ek wil net byvoeg dat jy in daardie wêreld rond hier by Julie/Augustus galjoen vang wat enige ander galjoen sal laat skaam kry. Daar kan geen ander braaivis wees wat so vet is en so lekker braai nie. Dis in elk geval soos ek dit onthou. Eendag is eendag dan gaan ek hulle weer haal!

Hier’s ‘n goeie wenk om lokaas vanaf ‘n boot te probeer: gebruik ‘n lemoen- of kreefsakkie. Plaas ‘n redelike gewig onderin en dan die fyn lokaas. Bind nou die houer toe en prakseer ‘n sirkeltou of ring waarmee die aas via jou ankertou na benede kan gly. Die lokaas behoort na die boot se kant te versprei.

Probeer gerus.

Groete,
Seemeeu

Draad-vywer

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles