Oop beursie vir ons gryses

Oop beursie vir ons gryses

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Marine het weer eens ‘n ‘oop’ beursie gehad tydens hul jaarlikse bydrae om die nood van drie instansies vir die versorging van bejaardes te ondersteun.

Silwerjare Dienssentrum in Blompark, Herberg-aan-See (HaS) Tehuis vir Bejaardes, asook die nasorgsentrum by HaS, wat toeganklik vir alle gemeenskapslede is, het elk R10 000 ontvang.

André Coetzee, besturende direkteur en Hennie Ritter, rekenmeester van Gansbaai Marine, het die tjeks Dinsdag, 11 April  aan Magrieta Adams en Elizabeth Kondokter van Silwerjare Dienssentrum en John van Rooyen, bestuurder van HaS en die nasorgsentrum oorhandig.

“As die grootste werkverskaffer sedert 1962 in die area, is dit belangrik vir Gansbaai Marine om na instansies waar daar tekorte bestaan, om te sien om sosiale verligting te bring,” het André gesê. “Vandaar die jaarlikse bydrae aan hierdie instansies om ‘n bydrae tot hulle inkomste te maak. Die bydrae aan HaS se nasorgsentrum is ook van wesentlike belang, aangesien dit vir alle gemeenskapslede toeganklik is.”

Gansbaai Marine het ook aanvanklik met die oprigting van die nasorgsentrum gehelp en André sê daar word nou voortgegaan om met die instandhouding daarvan te help.

Die fabriek vervaardig ingemaakte sardyn en voorsien handelsmerke van ingemaakte sardyn.

Vismeel en visale produkte word ook vervaardig, wat vir veevoer in die landbousektor bedoel is, asook aquakultuur vir voer vir onder andere perlemoenplase.

Tans is daar 8 vistreilers (trawlers) wat sardyn en anjovis vir die fabriek vang, wat almal die naam van die onderskeie gansspesies verteenwoordig: Stormgans, Rietgans, Vleigans, Berggans, Riviergans, Kolgans, Wildegans en Sneeugans.

Die bote verskaf werk aan 80 bemanningslede en Gansbaai Marine verskaf werk aan sowat 430 werknemers per seisoen.

Hierdie is maar enkele voorbeelde van Gansbaai Marine se jaarlikse bydraes tot die ondersteuning, opheffing en instandhouding van welwillendheidsinstansies in die omgewing.

Oop beursie vir ons gryses

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles