Gietende reën keer hulle nie

Gietende reën keer hulle nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die landwye veldtog om die land se president uit sy stoel te lig, het ten spyte van reën en wind ook Gansbaai se mense laat saamstaan.  Heelwat mense wat nie daar kon wees nie, vertel dat hulle die protesaksie ondersteun het.

By navraag het mense gesê hulle benader dit op ander maniere, soos om as ‘n groep of in afsondering te bid vir ons land.

Riana de Coning, raadslid vir Wyk 2 het in Gansbaai die protesaksie geloods.  Hoewel sy nie toestemming kon verkry vir ‘n mars deur die dorp nie, is toestemming verkry om voor die munisipale kantore te staan. Sowat 150 mense het in gietende reën aan die Hoofstraatkant van die dorp met plakkate hul boodskappe uitgedra.

Soos wat die kultuur maar is, was almal in ‘n goeie bui en ‘n samehorigheidsgevoel het byna ‘n feestelike atmosfeer aan die aksie verleen.

Die boodskap was egter ernstig en duidelik:  Suid-Afrikaners eis ‘n leier wat ‘n land verantwoordelik kan regeer.

Volgens die redakteur van die Overstrand Herald was daar om en by 400 mense in Kleinbaai byeen.

In Hermanus het ongeveer 4000 optoggangers langs die strate gestaan.  Biskop Desmond Tutu en sy vrou Leah, wat onlangs in Onrus afgetree het, was ook deel van die protesoptog.

Ds Dirk van Dyk, leraar van die NG Kerk in Gansbaai het Sondag sy preek toegewy aan ons land en sy mense met die boodskap:  “Wees stil en weet God is daar.”  Hy het die boodskap uitgestuur dat Suid-Afrikaners op hul knieë moet gaan en bid vir ons land.

Rdl de Coning het in ‘n onderhoud gesê dat Gansbaai se mense  net weer bewys het dat hulle as gemeenskap kan saamstaan, ten spyte van politieke oortuigings of kultuurverskille.  Sy bedank almal wat saamgestaan het vir dit waarin hulle glo as gemeenskap, volk en nasie ter wille van die toekoms van ons pragtige land, Suid-Afrika.

Gietende reën keer hulle nie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles