As deel van ‘n werkskeppingsprojek het hierdie groep studente onlangs ‘n 8-weke lange huisbestuur- en tuisversorgingskursus in Stanford ondergaan.
Op die foto ontvang die suksesvolle studente hul sertifikate van Elnette du Toit, area bestuurder van Kansa (links agter). Die studente is voor van links: Preseine Africa (hoogste lof toekenning), Shimonnay Visser, Denzil Ceasar, Natalie Pieterse, Andy Dyk en Aida Letsie. Agter van links: Elnette du Toit (spreker), Yolandie Jansen, Elwida Europa, Sharon Jantjies, Joynaline Marthinnus, Ronelda Barends, Mariégen Swart, Barbara Martins (hoogste lof toekenning) en Iréne de Waal (geregistreerde verpleegkundige en opleier).
Die kursus behels twee weke opleiding in huisbestuur en ses weke word spandeer aan tuisversorging. Die studente doen in die tyd ook praktiese opleidingservaring op.
Hoewel Iréne de Waal die opleier is, word sprekers vanuit die gemeenskap ingespan om die inhoud van die kursus toe te lig.
‘n Fisio- en arbeidsterapeut lewer insette en ‘n pastorale sielkundige se dienste word beskikbaar gestel aan studente.