Birkenheaders rock-n-roll

Birkenheaders rock-n-roll

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was’n  behoorlike “Rock -n-Roll” aand vir die gaste en lede van die Birkenhead Boothengelklub wat Saterdag, 1 April gehou is.  Gaste het tot groot vermaak soos wafferse “Rock-n-Roll” sterre opgedaag.

Marié Nelson het selfs vir ‘n pienk motor gesorg wat uit daardie era dateer as deel van die saalversiering.

Die gesellige aand het met die prysuitdeling van die dag se hengelprestasies begin. Die voorloper in die manskampioenskappe, Danie Fourie, het met ‘n yslike bos lang gekrulde hare sy prys ontvang.  Die vermoede bestaan dat Danie nie die haardos op sy kop gehad het  tydens die kompetisie  nie, want geen vis sou naby Ben Uys se boot, Oupa, gekom het nie!

Ben het hoeka die prys vir die swaarste bootgemiddeld ingepalm.

Die wedstrydsekretaris, Jean Downing, het die volgende kwytgeraak: “Vanaand is daar sommer twee manne wat uit die Foefiebeker sal moet drink, want vir hulle foute is daar nie pille om te sluk nie,”

Die verhaal begin by Leon Engelke wat bekommerd na sy bos sleutels begin soek het. Vele oproepe is gemaak en besoeke is afgelê by almal wat naamlyste van hengelaars het - die sleutels, wat hy nalatig op die kroegtoonbank agtergelaat het, moes gevind word.

Die een wat die meeste moeite gedoen het om vir Leon te help, was Philip Fourie, voorsitter van die klub. “Lang storie kort,” het Jean gesê, “die sleutels is einde ten laaste gevind - in voorsitter Philip Fourie se sak waar hy dit ‘bewaar’ het om uit te vind aan wie dit behoort, maar toe daarvan vergeet het!”

Die uiteinde van die saak was dat altwee uit die Foefiebeker moes drink: Philip wat help soek het na die sleutels terwyl dit in sy broeksak was en Leon oor sy nalatigheid om dit op die kroegtoonbank neer te sit.

Op die note van Jan Lourens se Musiekfabriek, die heerlike ete en dans, was al die gekskeerdery heel gepas so op 1 April-gekkedag en almal het gesellig saamgekuier.

Birkenheaders rock-n-roll

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles