Ryers geniet Lions-wedren

Ryers geniet Lions-wedren

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ten spyte van gure weerstoestande, sterk wind en reën, het 22 fietsryers Saterdagoggend weggespring om aan die ‘Lighthouse to Lighthouse’ bergfiets fondsinsamelingsresies deel te neem wat jaarliks deur Gansbaai Lions klub aangebied word.

Hierdie wedren van 96km na die Aghulhas lighuis en 96km terug na die Danger Point lighuis by Gansbaai, is vanjaar op 8 en 9 April, vir die 17de keer aangebied.

Die eerste been het Saterdagoggend om 07:00 begin vanaf Dangerpoint.

Dag twee het hulle om 08:00 weer weggespring vanaf Agulhas lighuis.  Die keer het die weer saamgespeel en die manne en vroue kon pragtige weer en die mooi natuurskoon behoorlik waardeer wat hierdie wedren so uniek maak.

Die manne wat voor gery het, het werklik gewys hoe ‘n bergfiets gery moet word.

Almal het die wedren veilig voltooi waaroor die Lions klublede baie dankbaar is. Die Lions president Marietta Hatting en haar span is ook baie dankbaar vir elke deelnemer wat ingeskryf het en hierdie fondsinsamelingswedren ondersteun het. Hierdie bydrae stel hulle in staat om weer uit te reik na die behoeftiges in die Gansbaai gemeenskap. Al die fondse wat ingesamel is, word net so weer teruggeploeg in die gemeenskap.

Die Lions is ook dankbaar vir die goeie reëlings van Gansbaai se verkeersafdeling, asook Overstrand Medical Response, Secma Sekuriteit en elke instansie wat bygedra het om van die twee dae ‘n sukses te maak. Gansbaai Superspar het die klub soos elke ander jaar ondersteun en vanjaar se R6000 bydrae word hoog op prys gestel. Tersius Smit van Belville, eienaar van ‘n vakansiehuis in Franskraal, het ‘n ruim R2500 prysgeld geskenk.

Ryers geniet Lions-wedren

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles