Vang jou eie vis

Vang jou eie vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jy voel, diep binne in jou, dat die ware hengelaar dit onmoontlik sal vind om met ‘n hengelkompetisie van die reëls goedsmoeds te oortree. Die vis met sinkers opgestop, is meer ‘n tong-in-die-kies-storie as ’n werklike feit.

Daar is natuurlik aanvaarbare tegnieke en die slim hengelaar behoort dit uit te buit.

Waarom sal jy die vis spesiaal gaan afwas voor die inweeg, wanneer die nat sand aan sy lyf die ekstra paar gram verskaf?

Dis gesonde verstand om vis so lank moontlik lewend te hou.

Dit droog nie uit nie en behou gewig.

Dis wanneer jy self by ‘n voorval betrek word dat jou vertroue in jou mede-hengelaar as mens ‘n knou kry.

Daar was die dag toe ek en my swaer ‘n geleentheid met ‘n maat van hom gekry het. Hy het deelgeneem aan ‘n hengelkompetisie en ons twee is saamgevra vir geselskap.

Ek, veral, was baie dankbaar want my vislus het uitgehang en die man het glo sy hengel geken.

Die omstandighede vir hengel was baie gunstig en aangesien ons begelei was deur iemand wat veronderstel was om die nommer een te wees, was ons optimisties oor ons kanse.

Die eerste galjoen het hy dan ook aangekeer en dié is dadelik in ‘n poel water op die rotse geplaas. Ek wou leer by hierdie man. Die tweede een het ek gevang. Onthou net, swaer se maat was die een wat aan die kompetisie deelgeneem het. Toe ek my vis se kieue wou kneus vir die bloeiery het die man amper ‘n stuipe gekry (die vis behou glo bietjie ekstra gewig, so).

Ek het hom nie goed geken nie en was van mening dat hy nie van die bloeiery hou nie.

Ongebloei beland my galjoen ook in ‘n watergaatjie.

Nou was die man in ‘n beter stemming.

Ongelukkig was dit ook die laaste vis wat ons die dag gevang het. Dit was inweegtyd en ons het besluit om op te pak.

Ek het my vis uit die dammetjie gehaal en het die mes begin slyp vir die vlekslag. So ‘n harde galjoenkop wil gesny wees. Dis net hier waar die man weer ’n aanval kry en wat hierop gevolg het, was wat my opinie van hierdie kêrel heeltemal vernietig het  --  hy wou my vis inweeg! Sy reputasie, sien.

Ek het begin verstaan waar dié vandaan kom. Beswaar het nie gehelp nie, hy was blykbaar gewoond aan hierdie situasie.

Hy het die spreekwoordelike “gentle-man’s agreement” verbreek.

Met ‘n groot glimlag het hy later sy prys ontvang  --  en my ook skuldig laat voel.

Genleman?

Baashengelaar se voet!      

Groete,
Seemeeu

Vang jou eie vis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles