Gesin presteer

Gesin presteer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Varswaterhengel word nie algemeen in Gansbaai bespreek nie, maar in Perlemoenbaai is ‘n gesin wat spog met heelwat prestasies en toekennings vir dié sportsoort.

Hierdie gedugte gesinshengelspan is lede van die Boland Varswater-hengelklub. Hulle is Dirk Lourens in die Meesterskategorie (mans ouer as 50), Sandri Wessels in die Dames-kategorie, Johandrè Wessels (11), ‘n graad 4 leerder van Laerskool Gansbaai en haar suster, Zandrè Wessels (10), ‘n graad 3 leerder. Altwee hengel in die Penkop-kategorie (seuns en dogters onder 13). Dit was die twee susters se eerste Boland-klubkompetisie waaraan hulle deelgeneem het.

Sandri vertel dat dit ‘n mooi dag was, maar dat modder ‘n groot probleem was met die dam wat baie leeg is. Dit het egter nie die Penkoppe se moed gebreek nie.

Die twee Gansbaai dogters het uitstekend in hul eerste kompetisie gevaar en Sandri sê dit het op ‘n stadium gelyk asof hulle die seuns gaan klop.

Die gesin se uitslae was soos volg: Dirk Lourens eindig met 36 visse (17.790kg), Sandri Wessels met 29 visse (13.43kg), Johandrè Wessels met 21 visse (14.165kg) en Zandrè Wessels met 20 visse (8.97kg).

Voorbereiding vir die volgende kompetisie op Saterdag, 22 April 2017 by die Kwaggaskloofdam naby Worcester, het reeds begin.

Dirk Lourens is reeds vir die afgelope 27 jaar ‘n aktiewe en gesoute varswaterhengelaar, met vele toekennings agter sy naam.

Sandri Wessels het haarself gedurende die afgelope 4 jaar deeglik bewys dat sy haar “vrou kan staan” agter die visstokke en spog ook met toekennings agter haar naam.

Die twee dogters, Johandré en Zandré Wessels, Sandri se dogters, was verlede jaar hoogs in hul noppies toe hulle varswaterhengeltoerusting as Kersgeskenke ontvang het, in plaas van poppe en stootwaentjies.

Hulle eerste “toets” met hul hengeltoerusting was by die Helderstroomdam.

Johandré het 4 mooi visse uitgetrek, waarvan die swaarste ‘n Karp van 4.36kg was. Op haar beurt het Zandré 3 visse ingeweeg, waarvan die swaarste ‘n Karp van 1.86kg was.

Enige iemand wat belangstel om varswaterhengel as ‘n sportsoort te beoefen, kan vir Sandri Wessels, skakel by 078 311 1340.

Gesin presteer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles