Black Leaves voel dit aan sy bas

Black Leaves voel dit aan sy bas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met ‘n naelskraapse oorwinning deur Standards van Bredasdorp is die Baai se kaarte ietwat deurmekaar gekrap om na die tweede posisie op die punteleer te skuif.

Hulle verloor 13-17 teen Standards.

Tydens ‘n rillerstryd het ‘n paar gevraagde beslissings die Baaienaars lelik gepootjie.  Soos Black Leaves bekend is, sal hulle vinnig wil opstaan uit daardie “tackle”.

Bo alle twyfel het al drie Black Leaves se spanne goed gevaar en bring elkeen ten minste ‘n noodsaaklike wedstrydpunt huis toe.

Die A-span puntemakers was Franklin Pieterse (1 drie), Evan Visser (1 doel- en 1 strafskop) en Brenton-Lee Dickson (1 strafskop).

Black Leaves se B-span speel 12-12 elk gelykop en die C-span verloor hulle wedstryd met 10-17 teen hul eweknieë, ongeag of Black Leaves met positiwiteit teruggekeer het, is daar beslis areas waaraan gewerk moet word.

Wat verlede Saterdag se spel betref, bly besluitneming maar ‘n belangrike aspek van die spel op die veld. 

Tot diep in die 70ste minuut was Black Leaves nog die pasaangeeër met die telling op 13-7, totdat die manne ‘n bietjie individualisties begin raak het.  Hulle het ‘n duur prys betaal vir die honger om te wen, want Standards het die geleentheid gebruik om verby te glip.

Voorlangs het Bradwill en Rosley goed vertoon en op slot het Boudjies goed skoongemaak om spel te laat vloei.  Andersins lyk daar nie te veel gekarrring te word aan die hele agttal nie, maar kan net aangevul word met meer diepte op die bank. Agterlangs met Evon Visser op losskakel was daar baie druk van Diffy op heelagter ontlaai, maar hier op sy tuisveld behoort Diffy weer ‘n towervoet te hê.

Alreich (skrumskakel) kan die samespel met hom en Allan en Enwill (senters) voortsit wat aan hulle vleuels afrondingswerk kan besorg wat Saterdag ontbreek het.  Met goeie ontleding uit die wedstryd behoort die afrigtingspan ‘n positiewe uitslag na vore te bring.

Na ‘n harde stryd teen Standards vat die manne ‘n blaaskans en behoort uitgerus en vars te wees vir die tuisstryd teen Genadendal op 22 April.

Black Leaves behoort nie Genadendal te onderskat nie, maar ‘n sege moet hulle weer op die wenpad bring.

Black Leaves se ondersteuners word hartlik bedank vir hul goeie opkoms na Bredasdorp.   Moenie ophou nie, die manne het julle nodig!

Sportgroete

So Sê Bra “G”

Black Leaves voel dit aan sy bas

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles