Atlete hinke-pink ná vasbytstap

Atlete hinke-pink ná vasbytstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sommige van die atlete wat aan die Big2Town vasbytstap deelgeneem het, het Saterdagmiddag, 8 April hinke-pink by die prysuitdelingsfunksie in die Gansbaai Sportsaal opgedaag.

Die stappers het sowat 75km oor twee dae afgelê.  Swaar reën, wind en modder het hulle veral Vrydag (7 April) gekniehalter.

Altesaam 11 spanne met 6 lede elk het deelgeneem.  Deelnemers het so ver as Port Elizabeth, Breederivier  en Laaiplek gekom.

Die jaarlikse byeenkoms tussen die onderskeie Magte het deelnemers gelok van Korrektiewe Dienste en die SAPD. 

Die oudste deelnemer was ‘n vroulike lid van 67 jaar en die jongste deelnemer van Ladismith, was die 19-jarige Marcel Simpson. Marcel neem aan die wedloop deel vandat dit 5 jaar gelede die eerste keer in Gansbaai deur die Overstrand Sportklub aangebied is.

Die uitslae is soos volg:  Senior Vroue – eerste: Disa Walkers 1; tweede:  Disa Walkers 2. Gemengde Seniorspanne – eerste The Incredibles; tweede:  Belhar.

Gemengde veterane – eerste:  Gansbaai SAPD.  Gemengde Meesters – eerste:  Breederivier Korrektiewe Dienste.  Mans Veterane – eerste:  6 Brothers; tweede – Disa Walkers.  Senior Mans – eerste:  Disa Walkers.

Pretstap

Die 8km pretstap wat Vrydagmiddag aangebied is, het 41 deelnemers gelok.

Overberg Sportklub is dankbaar vir almal se deelname en bydraes om van hierdie byeenkoms weer eens ‘n groot sukses te maak.

Atlete hinke-pink ná vasbytstap

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles