BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) se basaar Saterdag, 15 April 2017 was ‘n groot sukses met ‘n gesellige atmosfeer wat onder die basaargangers geheers het.
Besoekers aan die basaar, ook vanuit die Kaap, kon na hartelus tussen die verskeidenheid van stalletjies op Gansbaai se gemeenskaplike sportgronde rondstap, gesellig verkeer, heerlik eet en allerlei artikels koop.