BARC se gholfdag

BARC se gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) in Gansbaai het  in Maart  ‘n suksesvolle gholfdag gereël wat ‘n groot inspuiting was vir hulle tekort aan fondse.

Dit was ‘n Enkel Stableford kompetisie op Gansbaai Gholfklub se bane en die weer het pragtig saamgespeel.

37 spelers het  hul gholfstokke ingespan as hulle bydrae tot BARC se fondsinsamelingsprojek. Leon Hattingh was die wenner van die kompetisie en alle spelers was dit eens dat dit ‘n gesellige en suksesvolle dag was.

Lootjies vir ‘n geskenkpak wat deur Vera Swart geskenk is, is verkoop en die gelukkige wenner daarvan was Etienne Engelbrecht.

‘n Groot ontbyt is deur Awie en Ria van der Merwe voorberei en die spelers het dit na die eerste 9 putjies terdeë geniet – welkome ekstra stamina vir die res van die spel.

Martha van der Westhuizen het ‘n pragtige skildery geskenk, wat opgeveil is.  

Nog veilingitems was ‘n koek in die vorm van ‘n gholfbal en verskeie wyne. Met Bev Swart as afslaer, het niemand eintlik ‘n kans vir wegkruip of weghardloop gehad nie. Die geringste wat iemand beweeg het, het daardie persoon gebie sover as wat dit Bev aangegaan het!

Danksy goeie borgskappe, kon elke speler met ‘n welkome prys wegstap.

Die fondse wat ingesamel is, sal weer eens vir die gratis sterilisasie van diere aangewend word waar diere-eienaars  dit nie kan bekostig nie. Na verlede jaar se BARC Gholfdag was die organisasie daartoe in staat om 175 diere te steriliseer.

“Hierdie suksesvolle fonds-insamelingsprojek sal sonder twyfel ‘n jaarlikse instelling bly en ons is dankbaar teen-oor BARC se vrywilligers vir hul harde werk, die gholfklub vir hul bane en geriewe, asook teenoor Gansbaai se besigheidslui vir die borgskappe waarsonder ‘n dag soos hierdie nie aangebied kan word nie”, het hulle woordvoerder gesê.

BARC se gholfdag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles