Hemelbesem praat kaalvuis Afrikaans

Hemelbesem praat kaalvuis Afrikaans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek rap in my moedertong.

Dit beteken my moeder is stom,

Op soek na huistaal,

Dis in koebystaal in vermom.

‘HemelBesem’ vertel skaamteloos sy storie uit die perspektief van sy komvandaan, van diegene wat anders praat as die “een soort Afrikaans in die hoofstroom-media.” Sy  komvandaan is ‘n hok.

“Ons hok was ‘n tyd lank ‘n sjebien.” 

Vandag is HemelBesem groot.

Hy bied Pasella aan op SABC2, hy speel in Noem my skollie, hy werk saam met die ATKV en WOW hy besoek skole. Verder bied hy op RSG ‘n reeks aan, terwyl hy vol sale trek in Suid-Afrika, Namibië, Nederland asook België.

HemelBesem Rap:

Ek’s bekend, but dis ‘n klug. Om my te ken is fundamental.

HemelBesem is die naam. Aangename kennis!

Innie vlees is my dade na aan die waarde van professors.

My thesis? Ons is almal chemikalië in essence.

Daar was al Jack Parow se biografie.  Nou is daar HemelBesem se outobiografie.

Skaamteloos gooi hy in Afrikaans, dink hy in Afrikaans, skryf hy in Afrikaans, omarm hy sy menswees in Afrikaans. 

“As coloured mense mekaar groet, is dit ‘n la-a-ang affêre.  Dis seker waar vir ander culture ook, maar dis definitief iets wat ek van my mense waardeer.  Amper alle sintuie raak deel van die groet.” Al is sy dade “na aan die waarde van professors”, praat hy reguit; sy onlangse boek God praat Afrikaans is nie ‘n akademiese essay nie.

Hemelbesem, of te wel, Simon Witbooi het gaan teologie swot, maar toe haak hip-hop hom nader.  Vandag is hy ‘n motiveringspreker, ‘n maker van musiek, ‘n rapper, ‘n digter, ‘n edutainer, maar hy is ook ‘n straatpredikant.  Die boek “God praat Afrikaans” is sy outobiografie, propvol lirieke.

“My taak is nie om mense op te voed rakende die taal nie, maar ek dink ek wil dit so kras as moontlik stel:  “Afrikaans se oorsprong is basies shitty… maar dis vir seker die beste kompos as jy wil hê iets moet mooi groei.”

Wat ek in my boek wil vertel, is my storie soos dit uit my geheuebank kom.  “So, kom staan saam met my by my ATM (Alles wat Tyd met my Maak).  Hierdie boek is my PIN na alles daarbinne… my storie in my Afrikaans.

Trek soveel as wat jy dink jy benodig.”

Een leser van die Gansbaai Courant kan vandeesweek hierdie boek wen wat deur LAPA Uitgewers geskenk is. Stuur die antwoord op die onderstaande vraag, saam met jou naam en van na 082 561 8655.  Die sluitingsdatum is Dinsdag, 2 Mei 2017.  Die vraag:  By watter besigheid kry jy ‘n tweede paar afstand lees of sonbril GRATIS met die aankoop van ‘n voorskrifbril?

Hemelbesem praat kaalvuis Afrikaans

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles