Academia matrieks skud blik

Die klein groepie matrikulante van Gansbaai Academia wat verlede naweek met groot entoesiasme ‘n blikskud fondsinsamelingsprojek gehou het in Gansbaai se besige strate, het met ‘n groot som geld teruggekeer skool toe na die vakansie. 

Dit is die eerste keer dat die skool hierdie tipe insameling hou wat hulle vir die matriekfonds sal aanwend. 

Karna Nel, Llewellyn Davids, Elisma Smit, Aneria Nel (‘n Gr 7-helper) en Anthony Holtshausen het deel uitgemaak van die span.  Besoekers aan Gansbaai het met groot glimlagte hul hande diep in die sakke gesteek, waaroor die skool baie dankbaar is.  Graad 12’s kan hulle gereedmaak vir ‘n spoggerige matriekafskeid vanjaar.
Gansbaai Academia het ‘n worsbroodjieverkoping  voor OK Foods Gansbaai gehou gedurende die    Paasnaweek as deel van hulle blikskuddag.  Die vrolike werkers is drie Vermeulens uit dieselfde huishouding – van links Jessica, hulle ma Esther en Anita.
GansbaaiCourantNew