Snater Teater dans by BBos ontbyt

Snater Teater dans by BBos ontbyt

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit word dikwels spottenderwys gesê Baardskeerdersbos is effens “agter die tyd”. Die vrolike Snater Teater-dansertjies wat by ‘n spogontbyt in die dorp se Strandveld Pub en Restaurant opgetree het, was daarom nie uit pas met hulle Kaapse Klopse-nuwejaarsdans voor ‘n groep genaamd Bbos Dames nie. Die dansertjies, onder aanvoering van Sylvie Aggenbach, wat ook die groot gees agter Gansbaai se gewilde Snater Teater is, het duidelik elke oomblik van hulle optrede geniet – net soos die 15 deftige vroue  wat dit aanskou het.

Die Bbos Dames – breinkind van 'n inwoner,  Liana Brits - ontmoet mekaar maandeliks om vriendskapsbande te smee en “interessanthede” te deel.  Verskillende plekke in die Gansbaai-omgewing is al besoek, maar Sylvie se dansertjies het hierdie keer die besoek afgelê. Afkomstig uit Blompark, het die betrokkenheid en titel die groep van nagenoeg 20 kinders na liggaam en gees opgehef. Trots en eiewaarde is gekweek en dit is duidelik dat dans vir hulle beslis meer verheffend as 'n straatlewe is.

Die Bbos Dames het harte en beursies oopgemaak en R880 bygedra tot nuwe uitrustings vir die dansertjies.

Vir Sylvie was hierdie ‘n tranetrek gebaar. Sy sê sy het onlangs uit haar eie sak vir elke meisietjie in die groep twee stukkies nuwe onderklere gekoop en vertel met trane dat hulle na ‘n openbare optrede in Gansbaai, waarvoor baie lank en baie hard geoefen is, “vergoeding” van R200 ontvang het.

“Ek maak self die uitrustings waarin hulle optree en met  die Bbos Dames se hulp, sal die gesiggies nog meer straal,” verseker sy.

Die watertand ontbyt by die restaurant, was ‘n volgende hoogtepunt op die geselsende viendinne se saamkuier kalender. 

Snater Teater dans by BBos ontbyt

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles