Hulp waar dit die nodigste is

Hulp waar dit die nodigste is

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nasionale Tekkie Tax Dag is al 5 jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en dit word hierdie jaar op Vrydag, 26 Mei gevier. Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê.

Kies jou plakker, tooi jou tekkies op met ‘n paar prettige Tekkie Tax veters, dra jou tekkies en siedaar! Jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

Die projek is in 2013 begin, toe van ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur.  Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 nasionale welsynsorganisasies wat al-tesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

Epilepsie SA; Kindersorg SA; SOS Children's Villages; CHOC (Childhood Cancer Foundation); Special Olympics SA; CANSA; Imisebeyelanga Services; Meals on Wheels; VVA ; NG Welsyn; SAVF en Endurocad.

Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê “Tekkie Tax het reeds R22.1miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ‘n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenveters is daar ‘n baie ernstige saak”:

Princess Alice Adoption Home: “Tekkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”
Kwathando Care Centre: “Ons het ‘n tafeltennisstel gekoop vir ons kinders met outisme”

Merewent Cheshire Home: “Tekkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop”

Vrystaat Versorging in Aksie: “Tekkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou”

Daar is geen verskoning om nie deel te neem hierdie jaar nie. Die plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk).

Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gedoen word op die Tekkie Tax webblad: www. tekkietax.org.za.

So! Daar is geen verskoning nie. Sit ‘n hop in jou skop en dra jou Tekkies op Nasionale Tekkie Tax Dag – Vrydag, 26 Mei 2017! Alles ten bate van weerlose mense en diere.

Hulp waar dit die nodigste is

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles