'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee van Rhebokskloof Wynlandgoed se rooiwyne het Gansbaai Wynproegilde se kundige in die wynbedryf, Altus le Roux, behoorlik beïndruk tydens die onlangse gildebyeenkoms.

“Die 2015 Pinotage beskou ek as elegant en sag op die tong en die wyn verdien ‘n goud, met die 2013 Shiraz, ‘n meer ernstige wyn, wat na my mening beslis ‘n sterk goud verdien,” was Altus se kommentaar.

Altus is ‘n semi-afgetrede wynkundige in De Kelders en is steeds betrokke by sy privaatmaatskappy in die wynbedryf, Le Roux Wines.

Henrico van Lill van Rhebokskloof Wynlandgoed was die aanbieder tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms verlede Vrydag, 21 April, in Kleinbaai se Great White House.

Die 40 hektaar wynlandgoed is aan die noordekant van die Paarl geleë en as gevolg van die droeë klimaat is 70% van hulle wynproduksie rooiwyne.

“Ons wyne is nie die beste wat daar is nie, maar sonder twyfel interessante wyne, met Engeland as ons grootste invoerder,” het Henrico gesê.

Hy is reeds sowat 4 jaar daar betrokke en is die bestuurder van die wynproelokaal. Hy is nie ‘n wynmaker nie, maar het alle praktiese aspekte van wynbou deurloop. As bestuurder fokus hy op alle wynskoue, privaat proesessies en algemene bemarking.

Drie witwyne en drie rooiwyne is vir proe deur Henrico aangebied, met die wynproegangers se beoordeling in hakies:

Sauvignon Blanc, 2016 (sterk silwer tot goud); Bosstok Chenin Blanc, 2016 (goud); Hillside White, 2015 (silwer); Cabernet Sauvignon/Shiraz, 2014 (silwer); Pinotage, 2015 (goud); Shiraz, 2013 (sterk goud).

Die onderskeie wyne het perfek by die spyskaart van Chris Pead, Great White House se sjef, aangepas: gerookte salmon (voorgereg), spesiale hoenderfillette en groente (hoofgereg) en gebakte lemoenpoeding (nagereg).

Twee klublede, die 76-jarige  Daan Oosthuizen en sy vrou Petro (73) het dieselfde aand hulle 25ste huweliksherdenking gevier. Hulle is aangewys om Gansbaai Wynproegilde se voorskoot as blyk van waardering aan Henrico te oorhandig.

Die egpaar is op 21 April 1962 in Kroonstad in die Vrystaat in die huwelik bevestig en woon al die afgelope 17 jaar in Gansbaai. Die egpaar het 2 seuns, waarvan 1 oorlede is, 2 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Daan is ook die gilde se tesourier.

As blyk van simpatie, is ‘n fynbosruiker aan Lynn Oosthuizen oorhandig, wie se man, Bill onlangs oorlede is.

'Elegant en sag op die tong' sê wynkenner

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles