200 hengelaars by interklub-kompetisie

200 hengelaars by interklub-kompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die lyne het behoorlik gesing toe 200 deelnemers ingeskryf het vir  Pearly Beach Hengelklub se naweek-kompetisie.

Dit was die Petals Express Interklub 2017 hengelkompetisie met 7 klubs wat meegeding het: Pearly Beach-, Ashton-, Alpha-, Bettiesbaai-, Gordonsbaai-, Weermag- en Overberg Hengelklub – het almal by Pearly Beach saamgetrek.

Die borge het vir ‘n uitsonderlike naweek gesorg en Ivan van der Merwe se musiek het die voete laat jeuk. Daar was genoeg te ete vir die 290 gaste.

42 hengelaars het 90 visse ingeweeg, waaronder 50 kabeljoue, 17 galjoene en 8 steenbras, met ‘n totale massa van 184.6kg.

Deon Strydom stap weg met die swaarste sak (17.5kg) vir die dag. Karl Dieter Lahner sorg vir die swaarste hottentot (1.0kg) en swaarste jan bruin (1.3kg). Charlie Fries van Bettiesbaai weeg die swaarste kabeljou (5.3kg) in, Johan van Romburg van Overberg die swaarste steenbras (9kg) en die swaarste galjoen (2.6kg) word deur Philip Fourie ingeweeg.

Tony Hoogendijk wen die seniors se afdeling en Alida Grove die dameskompetisie.

Die Top 10 hengelaars met punte, was: 1ste Deon Strydom, 2de Hans Strydom, 3de Denton Bauermeister, 4de Rossouw Munnik, 5de Stephan Aslin (Overberg), 6de Johan van Rensburg (Overberg), 7de Francois Munnik, 8ste Lesley Roux (Gordonsbaai), 9de Hugo Krynauw (Gordonsbaai) en 10de Jaron Pratt.

Pearly Beach se Rooispan wen ook die spankompetisies teen Alpha en Gordonsbaai.

2017 se Interklubkampioen is  Pearly Beach se Rooispan (op gemiddelde gewig), met Bettiesbaai 2de, Gordonsbaai 3de, Ashton 4de, Over-berg 5de, Pearly Beach Blouspan 6de, Alpha 7de, Pearly Beach Pienkspan 8ste en Weermag 9de.

Pearly Beach is nie net lede met “vis harte” nie, maar ook met “goue harte”. Hulle het die naweek fondse ingesamel ten bate van die Pionierskool vir Blindes in Worcester.

Die naweek se inskrywingsgelde, gelukstrekking en kaartjies het hulle met ‘n stewige R6 000 laat afskop. Alpha Hengelklub skenk later R2 500 en daag die ander klubs uit om daarop te verbeter.  Die eindresultaat was ‘n verstommende R25 000!

Die klubbestuur is dankbaar vir die fantastiese samewerking en goeie gees waarin die insameling plaasgevind het vir ‘n goeie doel. Borge sal amptelik op ‘n later stadium bedank word.

Die volgende Pearly Beach Hengelkompetisie word 13 Mei 2017 gehou.

200 hengelaars by interklub-kompetisie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles