Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sekerlik die belangrikste faktor wanneer dit kom by hengel, en veral boothengel, is die weer.

Op die oomblik is dit suidoostewinde wat gedy en ongelukkig voorspel dit niks goeds vir boothengel nie, hoewel die manne met die lang stokke nie baie sal kla nie.

Dit is juis wat die kabeljouwater voordelig beïnvloed. Die vaalwater wat hiervoor benodig word is juis nou na aan die wal met die gevolg dat kabeljou nog hier aangetref word. Maar enige wind wat te lank waai is op die ou einde nie ‘n goeie ding nie.

Die water is as gevolg van hierdie toestande baie koud en voor die weer nie “opspeel” nie sal dit so bly. Hiervoor benodig ons natuurlik die westewinde.

Indien die weer en water saamspeel, verkry jy die nodige warmer water en dan is daar pêre! Te warm water veroorsaak weer ander probleme en is ook nie van die beste nie.

Wat se vis om te verwag? Kom ons kyk eers wat sover gebeur het. Die kabeljou-storie was doodnormaal, soos dit elke jaar gebeur. Met die winter aan die kom behoort hierdie selfde kabeljou te verkas na die dieper water, en dit behoort enige tyd nou te gebeur. Wanneer hierdie weer sy verskyning maak, behoort ook ander vis te begin byt.

Daar sal wel gestry word oor die kwessie van somer- en wintergeelbek. Sommige ouens beweer dit is een en dieselfde visse wat beide in die winter en somer aan die byt gaan. Tot sover was die “somergeelbek” maar aan die sku kant en behalwe vir sporadiese vangste, nie veel om oor huis toe te skryf nie. Kom ons hoop die wintergeelbek het ander planne. Die hotties (altyd welkom wanneer die ander visse hulle skaars hou) het ook die gewone patroon gevolg en is op die oomblik, soos dit hoort,  lekker vet en redelik volop. Die koue water op die oomblik is die haakplek. Nege grade is te koud! Nogtans, indien jy weet waar om te soek, gaan jy hulle raakloop.

Die romanne en PW’s is heel jaar met ons, maar toon ook ‘n neiging om somtyds voorkeur aan ‘n sekere tyd te gee.

Snoek? Ons wag vir hulle en dit moet sommer gou gebeur. Aan die weskus word daar baljaar met hierdie vis en dis nou ons beurt.

Ongelukkig is hulle nie altyd in die beste toestand wanneer hulle hier uitslaan nie, maar wie gaan kla?

Hier by Mei/Junie kan ons ook begin uitsien na die groter silwervis en dis iets om oor opgewonde te raak.

Onthou net, as die weer en die water reg is en die vis is hier, kort dit nog die nodige kundigheid om suksesvol te wees.

Kry maar intussen die gereedskap reg.

Baie groete,
Seemeeu

Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles