Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoe laat jy so ‘n wedstryd deur die vingers glip met ‘n gerieflike voorsprong van 16-5 in die tweede helfte van die spel?

Ja, dit was ‘n bitter pil om te sluk met die wind ook nog in hul blaaie.  Iets drasties moes gebeur het en niemand anders as net daardie 22-tal sal dit kan beantwoord nie. 

Tog was daar ‘n groot deel briljante spel deur die Baai gelewer deur die loop van die wedstryd wat die skare op hul voete gehad het.  Wat die Baai ‘n gevreesde span onder ander spanne gemaak het met hul geweldige agttal, kom hulle glad nie meer die mas behoorlik op nie.

Genadendal het definitief ‘n swak skakel raakgesien en gate oopgehardloop deur Black Leaves.

Black Leaves dwaal nou van die punteleer af en dit gaan hulle bloedsweet kos om Grabouw Saterdag (29 April) te klop. 

Elke speler sal maar net weer sy kop moet oplig om die tuisskare gelukkig te maak met die Atlantics (Hermanus) tuiswedstryd.

Met die blaas van die eindfluitjie Saterdag kon Black Leaves sekerlik geen beloftes aan Genadendal toon om die bordjies met die tweede rondte te kom verhang nie, tensy daar nie  vinnig drie agtereenvolgende wedstryde gewen word nie.

So ‘n SOS kan die gekweste Black Leaves weer laat opstaan om goeie rekenskap van hulself te gee.

Die uwe glo die manne sal na die nederlaag hul koppe skoon kry en nie die eerste tuisneerlaag te veel koester nie.

Die afrigterspan moet seker maak om dinge reggestel te kry.  Dit kan net gebeur as elke speler passievol in sy posisie by die oefenveld opdaag.

Sportgroete
So sê Bra “G”

Dwarsdeur die vingers vir Black Leaves (verloor 16-41)

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles