Laerskool Gansbaai se leerders het baie hard gewerk om die reuse bedrag van R43 000 vir hul skool in te samel. Met die aanmoediging van Gansbaai OK Foods, wat sjokolade geskenk het wanneer leerlinge sekere mikpunte bereik het, was die jongklomp vuur en vlam om hul borgvorms tussen hul familielede en vriende vol te kry.
Pretstappers kon Donderdag, kort voor die skoolvakansie, ‘n heerlike sonskyndag op die staproete en langs Stanfordsbaai beleef. Hulle het saam met die ouers wat hulle vergesel het, ‘n piekniek by die see geniet. Die skool is baie dankbaar teenoor elke ouer en die hele Gansbaai-gemeenskap wat Gansbaai Primêr so goed ondersteun het.