Plaaslike prediker stel boek bekend

Plaaslike prediker stel boek bekend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Soos grassade in die wind het die ‘vergete vroue’ se merkwaardige stories byna weggewaai. Wie is dié vroue wat die hart van God jare gelede in tye van nood verteenwoordig het?” - LIG, Mei 2017.

Die “stories” ter sprake is Vrydag, 28 April 2017 in boekvorm, Die hart van God - Verhale van vroue in sending, by Book Exchange van Nicolette Bosch bekendgestel. Die samestellers en redakteurs is dr Lisel Joubert, ‘n leraar van Gansbaai NG-gemeente en Isabel Murray, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch in die Argief van die NG Kerk, meestal as navorser. Die boek is uitgegee deur CLF (Christelike Lektuurfonds), wat vanjaar hul 60ste verjaardag vier.

CLF het Lisel in Oktober 2015 genader oor ‘n boek oor vroue wat deur vroue geskryf is, met Isabel wat haar as mede-redakteur en redigeerder bygestaan het.

Die foto van ‘n vrou op die voorblad wat op ‘n brug staan, simboliseer iets van twee wêrelde wat bymekaar uitkom.

Die boek begin met ‘n oorspronklike Nederlandse gedig, “O, gaat en helpt hen toch!”, wat die essensie van die verhale vasgryp.   

“Ons hoofdoel was om die vroue self te laat praat en nie ons vir hulle nie,” het Isabel gesê. Isabel het daarna enkele gedeeltes van die sendingverhale van die onderskeie vroue in die boek aan die gaste voorgelees.

Professor Elna Mouton, voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie in Stellenbosch, beskryf die vroue as “vergete vroue” in die sendingveld wie se verhale ‘n uiters belangrike deel van die kerk- en sendinggeskiedenis vorm, maar wat nooit oorvertel is nie.

As rede voer sy aan dat gedurende die Victoriaanse tyd, die vrou hoofsaaklik gesien is as “tuis by die huis of as hulp vir haar man”. Hierdie siening het tot gevolg gehad dat kosbare verhale van vroue in die sendingveld byna verlore gegaan het.

Onlangse navorsing oor dié sendinghelde het verhoed dat die vroue se verhale en wat hulle gedoen het, soos mis voor die son verdwyn.

John R Mott, ‘n wêreld-bekende sendingdeskundige, het gesê: “As ek ooit getwyfel het aan die werk van vroue in die sending, dan het my reise deur die verskillende sendingvelde my bekeer. Want daar het ek gesien wat die vrou tot opheffing van vroue doen.”

Een leser staan ‘n kans om hierdie besondere boek te wen deur die volgende vraag te antwoord: 

Watter besigheid in Gansbaai verhuis vanaf die Protea Sentrum na die industriële gebied? Sms die antwoord saam met jou naam en van na 082 561 8655.

Plaaslike prediker stel boek bekend

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles