Aedech bied aan om jou probleme op te los

Aedech bied aan om jou probleme op te los

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aedech bedryf ‘n jarelange gevestigde en bekende besigheid in die Overstranddistrik.

Ons lewer ‘n professionele diens aan die konstruksiebedryf in terme van die uitvoer van gewapende betonwerk.

Al ons kliënte, ingenieurs en wie ook al wat met ons te doen gehad het, kan daarvan getuig.

As gevolg van verskeie redes is ons werk van sikliese aard en gewoonlik werk dit so dat ons of te veel werk het of te min.

Ons probleem is grotendeels “met die te min werk” en daarom ondersoek ons nou ander alternatiewe om die leemte te vul.

‘n Groot deel van ons werk is probleemhantering en -oplossing waarmee ons uitstekend is en waarvan ons baie ervaring het.

Hierdie aspek van ons werk neem baie tyd in beslag en is nie altyd sigbaar na buite nie.

Die gedagte het by my ontstaan om ‘n ‘Probleem Oplossing’ diens aan te bied wat nie net beperk is tot die bedryf waarin ons tans besigheid doen nie, maar op enige ander terrein waar ons moontlik ons vaardighede kan aanwend om u as persoon of as besigheid of in watter vorm ook al, van nut te wees.

Ons beskik oor ‘n breë front van ingenieurs tegniese agtergrond, mensekennis en lewenservaring en professionaliteit is vir ons van kardinale belang.

Ek wil die idee op die proef stel en die potensiaal daarvan ondersoek.

Indien u dus met ‘n probleem sit wat u nie kan oplos nie, stoei met iets wat u nie gedoen kan kry nie, iets nie gereël kan kry nie of as u bloot net iemand soek om ‘n pad namens u te loop en u is bereid om ons te vergoed daarvoor, nooi ek u uit om my te nader.

Daar is min waarvoor ons terugdeins en ons is betroubaar genoeg om nie u tyd of bronne te verkwis nie. Ek hoor graag van u, ongeag van hoe groot of klein u behoefte is.

Francois Marais
B.Ing (Stell), 082 771 2073
hfmarais@worldonline.co.za

Aedech bied aan om jou probleme op te los

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles