Seeff se wenspan

Seeff se wenspan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Seeff Country / Pearly Beach se knap agente,  Nelia Muller en Dave Kunneke is in ‘n Vennootskap van 2-eenhede as wenners deur Seeff Suid-Afrika aangewys.

Gesamentlik beskik hierdie twee agente oor meer as 45 jaar se ervaring in die eiendomsbedryf.

Die  voorsitter van Seeff Suid-Afrika, Samuel Seeff, het persoonlik die sertifikate vir uitstaande resultate en puik diens oorhandig.

Nelia sê die vennootskap vier in Julie vanjaar sy tweede verjaardag. Dave Kunneke (wat sedert 1985 in die eiendombedryf is) het in 2015 die kantoor  onder die lisensiehouer, Cornie Swart,  in Pearly Village vir Seeff Country geopen.

“Verkope was  van die begin af belowend, maar dit was duidelik dat baie mense, asook Kaapenaars, nog nooit van Pearly Beach gehoor of besoek het nie,” het Nelia gesê. “Ons word dikwels met Shelly Beach in KwaZulu-Natal verwar.”

Nelia is sedert 2004 in die eiendomsbedryf en het in Desember 2015 by Seeff aangesluit. By die vorige agentskap waar sy werksaam was, het Nelia 9 uit 11 “Agent van die Jaar” Toekennings verwerf.

Intussen het Dave en Nelia ‘n uitstekende vennootskap opgebou en sodanig uitgeblink dat hulle tydens die Jaarlikse Seeff Toekennings in die Paarl met vyf toekennings weggestap het, onder andere 1ste vir die meeste verkope in die Suid-Kaapstreek en 2de vir die meeste verkope Nasionaal vir Seeff. Nelia is bekroon vir voortreflike diens en die meeste verkope deur ‘n nuweling by Seeff.

Dave en Nelia meen dat Pearly Beach steeds goeie beleggingswaarde bied vir Kaapenaars wat net vir ‘n naweek uit die stad wil wegbreek, asook mense wat na bekostigbare aftreehuise op soek is.

“Ons strande is die mooiste in die Suid-Kaap en besoekers kan gerus na ons mooi landelike omgewing en ongerepte dorpie kom kyk.”

Seeff se wenspan

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles