Amy en Sfiso baat by FEDSAS beraad

Twee van Gansbaai Academia se leerders, Sfiso Gede (Lid van die Raad van Leerders) en Amy Wolhuter (Onderhoofdogter) het FEDSAS (Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) se afsluiting van die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) se berade in Bredasdorp bygewoon.

Wilton Phillips (mentor) het die volgende gesê: “Die leerders het baie by die opleiding gebaat en sal die inligting binnekort met die res van die leerders deel en ook implimenteer.”

Die suksesvolle FEDSAS aanbieding is in samewerking met Overberg Munisipaliteit aangebied. 

Verteenwoordigers tydens die prestige geleentheid was onder andere die Burgemeester, raadsheer Sakkie Francken, raadslid Helen Coetzee en Paul Colditz, HUB FEDSAS, asook die Junior Burgemeester, Blessing Hove.  Haidee Muller van Radio Sonder Grense (RSG) het as gasspreker tydens die geleentheid opgetree.

Gansbaai Academia se onderhoofdogter, Amy Wolhuter (3de van links) staan hier by vlnr Wilton Phillips (mentor), Sfiso Gede (Lid van Gansbaai Academia se Raad van Leerders) en Patricia Zali (mentor) tydens die FEDSAS beraad in Bredasdorp.
GansbaaiCourantNew