Die mites oor supermammas - wen die boek

Die mites oor supermammas - wen die boek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die swangerskaptoets wys twee strepies.  Die nuwe baba is op pad.  Dit is die begin van die wonderlikste tyd van jou lewe. Of is dit…?

Swangerskap en kinders grootmaak is beslis nie altyd maanskyn en rose nie.  Daar is verskillende vorms van poefdoeke om mee rekening te hou – van die spookdoek tot die rosyntjiedoek.

Daar is die borsvoedbrigade en die bottelbrigadiers wat probeer om hul sienings op jou af te dwing.  En tussendeur alles sukkel jy met die nare newe-effekte van swangerskap: spatare, sooibrand, poedingbrein en ‘n seksdrang wat iewers tussen die spoegdoeke en steriliseerders verdwyn het.

Dit is nie kinderspeletjies om ‘n superma te wees nie, maar as jy die stryd aanpak gewapen met ‘n doeksak vol humor (en soms ‘n glas wyn) word dit die avontuur van ‘n leeftyd.

Die boek Superma (en ander mites), geskryf deur Chantelle de Wet is ‘n realistiese, eerlike en heerlik humoristiese blik op die uitdagings van ma wees – en ‘n viering van daardie klein, perfekte oomblikke wat ouer-skap die moeite werd maak.

Die skrywer is die ma van twee woelwaters, ‘n onderwyser, ‘n motiveringspreker en skrywer van toesprake, skoolhandboeke, kortverhale en blogs.

Sy glo as die blink kant nie bo is nie, vryf die kant wat bo is blink!

Helen Schoër, redakteur van Baba en Kleuter, som Superma (en ander mites) se outeur in kort op: “Chantelle is eerlik, intelligent, snaaks en vol oneerbiedige opinies oor ouerskap.”

Hierdie sagtebandboek wat deur LAPA Uitgewers versprei word, kan vandeesweek deur een van ons lesers gewen word deur die volgende vraag te antwoord:

Hoeveel restaurante adverteer Moedersdagetes in hierdie week se uitgawe van die Gansbaai Courant?

Sms die antwoord, jou naam en van na 082 561 8655 voor of op 15 Mei.

Die mites oor supermammas - wen die boek

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles