Huis E dogters word oorweldig met liefde

Huis E dogters word oorweldig met liefde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bederfnaweek vir die dogters van Herberg Kinderhuis in Robertson, het die afgelope naweek in Gansbaai plaasgevind. Hulle het in Groeneweide Restaurant en Kwekery se gastehuis tuis gegaan.

Dit is ‘n jaarlikse projek wat deur Gansbaai NG-gemeente se Vrouediens gerëel word. Vanjaar se organiseerder was Babsie Greyling, bygestaan deur haar eggenoot, Kobus. Bykomende hulp gedurende die naweek is deur Marie de Kock, Floors en Marié Avenant, ‘n afgetrede predikantspaar, en die dogters se huismoeder, Bettie Thomas verleen. Vrywilligers vanuit die NG-gemeente het van die etes tuis voorberei.

‘n Ontspanne en genotvolle program is vir die dogters uitgewerk, wat onder ander die volgende insluit: geestelike versorging, handaktiwiteite, strandaktiwiteite, huiskerk, bywoning van die NGK se Erediens en veel meer pret en plesier en, natuurlik, heerlike etes.

Vanjaar se groep dogters, onder leiding van hul huismoeder, Bettie Thomas, was Amahle, Celeste, Elna, Ellouise, Jamasy, Janine, Keisiah, Lee-Ann, Lindi, Michelle, Nikita, Sonja en Tiffany.

Die naweek se aktiwiteite is afgesluit met die erediens in die Pretoriussaal deur dr Lisel Joubert. Tydens dié geleentheid het die dogters pragtige koorsang onder leiding van Floors en Marié Avenant gelewer.  Daarna het roomys en ‘n smaaklike Sondagmiddagmaal op die dogters gewag, waarna hulle weer na Robertson teruggekeer het.

Huis E dogters word oorweldig met liefde

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles