Hulle gaan raas op 'n ander plek

Die eggenotes van Pearly Beach se Jukskeimanne neem nie almal aan die spel deel nie. Om as groep gereeld gesellig saam te verkeer en om op ‘n ander plek “te gaan raas”, is geruime tyd gelede ‘n “Uiteetgroep” gestig wat een maal per maand in Gansbaai in verskillende restaurante gaan uiteet.

Vlnr om die “uiteet”-tafel verlede week by Pieta’s Restaurant & Coffee Shop, is Lourens en Helena Venter, John Swart, Dirk en Alta van der Westhuizen, Irene en Hennie Botha en Alta en Jas van Niekerk. Met die neem van die foto het die begrip, “om op ‘n ander plek te gaan raas”, duidelik uitgestaan!

Vlnr om die “uiteet”-tafel verlede week by Pieta’s Restaurant & Coffee Shop, is Lourens en Helena Venter, John Swart, Dirk en Alta van der Westhuizen, Irene en Hennie Botha en Alta en Jas van Niekerk.
GansbaaiCourantNew