Die Walkers sê welkom

Die Walkers sê welkom

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Internet-vakature-advertensie vir ‘n gekwalifiseerde auto-elektrisiën het daartoe gelei dat ‘n gesin van Kuruman reeds met hulle eerste naweekbesoek aan Gansbaai hul harte hier agter gelaat het – en nou is Riaan en Aileen Snyman sak en pak terug met hul twee kinders om ‘n toekoms hier in die Overstrand te skep.

Riaan sal voortaan sy auto-elektriese besigheid voortsit saam met die eienaars van Walkerbay Engineering, Tony en Sonja Walker.

Die twee jong gesinne het hope talent tussen hulle. 

Riaan was in 2009 ‘n 110m hekkies SA Kampioen en het tot op 25-jarige ouderdom professioneel aan SA Atletiek deelgeneem.

Sy vrou, Aileen aan die ander kant het SA Kleure vir gewigstoot in haar laerskooldae verwerf, asook Gauteng Kleure vir hoogspring en verspring.  Sy  is ‘n welvaartskepper en besigheidsraadgewer, wat gesondheid en fiksheid hoog op haar prioriteitslys stel.

Hulle oudste seun, Sebastiaan (9) is al heel tuis in Gansbaai Laerskool en Ariana (3) is by De Kleine Gansies Kleuterskool ingeskryf.

Tony en Sonja wil op hierdie wyse die Snymans hartlik welkom heet in Gansbaai en vertrou dat albei gesinne ‘n lang en voorspoedige verhouding sal hê.

Sonja is ‘n bekende en gewilde fotograaf in Gansbaai.

Die Walker-ouers en hul 8-jarige dogter, Anja en 5-jarige seun Jano het 8 weke gelede die nuwe pienkvoet in die gesin, Jana tydens ‘n tuisgeboorte met groot blydskap verwelkom.

Jana is op haar ouma Alta Walker se verjaardag gebore.

Die Walkers sê welkom

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles