Grabouw kou harde bene om te wen

Grabouw kou harde bene om te wen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Grabouw klop toe Black Leaves van Gansbaai se rugbyspan, maar dit was harde bene kou vir hulle om uiteindelik met 63-57 te seëvier.

Die groot tellings, aan altwee kante, was ‘n goeie aanduiding van die tempo waarteen die wedstryd gespeel is. Almal se stoutste verwagtinge is oortref met die aanskoulike “Barbarian” rugby wat deur die twee spanne gespeel is.

Met die 7 drieë wat deur Black Leaves gedruk is en die bonuspunt drie, verdien die Baai wel 2 waardevolle bonuspunte, ondanks die verloortelling. Terselfdertyd kan Grabouw al te dankbaar wees vir ‘n ongesiene blabs of twee aan hulle kant wat hulle gehelp het.

Divvy op skrumskakel was ‘n goeie opsie vir die Black Leaves - dié speler het die punte lewendig gehou. Hy het ook ‘n goeie platvorm geskep om Black Leaves se agttal beter te laat funksioneer, veral in die eerste aanvals- en verdedigingskanale. Hierdie spelpatroon het Allen Tobias (senter) vroeg oor Grabouw se doellyn laat skuif om twee briljante drieë aan te teken.

Wie wil nou peuter aan so ‘n aanvallende agterlyn, met Rewaldo Phetoe op vleuel met sy driekuns van drieë. Rewaldo, alias Gogga, het daarom ook verdien om as speler van die wedstryd aangewys te word.

Met Grabouw wat daarna weer die voortou met ‘n gerieflike voorsprong geneem het, het ‘n opdraende stryd die Gansbaaiers in die gesig gestaar.

Met Brenton-Lee Dickson (no 9) en Evan Visser (no 10) se suiwer skoppe deur die pale, het hulle die agterstand bietjie laat krimp. Daarna het Black Leaves hul kanse deeglik benut en die “gó” behoorlik uit die Gra-bouwers se agttal gehaal.

In die tweede helfte was die Grabouwers stomgeslaan met Black Leaves se hoër tempo van spel, asook met Gogga se driekuns.

Gelukkig vir Grabouw het hulle net-net genoeg gedoen om 63-57 te wen.

Black Leaves se tweede- en derde spanne kon ook nie behoorlik oor die hekkies kom nie en altwee spanne moes die knie voor Grabouw se spanne buig.

Black Leaves is positief dat hulle alles “gaan regmaak” met die wedstryd teen Atlantics van Hermanus op 13 Mei 2017 op Gansbaai se rugbyvelde.

Sportgroete.

So sê Bra “G

Grabouw kou harde bene om te wen

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles