SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Verdagte het onlangs ‘n “verrassingsgeskenk” ontvang wat hy hoegenaamd nie te wagte was nie, of dalk is dit ‘n geval van ‘Slim vang sy Baas’.

AdjOff Vermeulen het ‘n inbraaksaak in Franskraal ondersoek. Hy het inligting ontvang dat die verdagte steeds die selfoon, wat as gesteel aangemeld is, gebruik en dat hy selfs oproepe beantwoord.

Vals inligting is versprei dat die verdagte ‘n prys by ‘n besigheid in Gansbaai gewen het. Optrede is deur AdjOff Vermeulen geloods en reëlings is getref waar en wanneer die verdagte sy prys kan gaan afhaal.

Die verdagte het selfs, op aanvraag, sy kleredrag vir die betrokke dag beskryf en ook ‘n tyd bepaal waarop hy die geskenk sou afhaal.

Hy het in die besigheid rondgestaan, maar sy verrassing was groot toe hy besef dat die prys wat hy gewen het, AdjOff Vermeulen is wat hom saggies op die skouer tik en hom in hegtenis neem.

Terence Femston (18) is in hegtenis geneem en is tans verhoorafwagtend. Hy sal in aanhouding bly. Borgtog is teengestaan aangesien die 'simcard' in die verdagte se besit met ‘n huisbraak in Franskraal verbind word.

Goeie arrestasies

Heelwat goeie arrestasies is die afgelope tyd deur Gansbaai SAPD se speurtak uitgevoer.

Immigrasie inhegtenisname

Beamptes van Immigrasiebeheer het Maandag, 15 Mei 2017 in Gansbaai toegeslaan nadat ‘n klagte oor ‘n onwettige immigrant ontvang is. ‘n Somaliër, Muqtar Kumi (23) is gearresteer sonder enige wettige dokumente om in Suid-Afrika te mag wees. Hy het reeds in die hof verskyn.

Masakhane

Twee konstabels van Gansbaai SAPD was Vrydag, 12 Mei 2017 op patrollie in Masakhane waar hulle ‘n verdagte persoon met ‘n blou sak opgemerk het.

By nadere ondersoek is gesteelde eiendom in die sak gevind, asook TIK wat hy aan sy persoon gedra het. Die gesteelde items, juweliersware en ‘n selfoon, is daarna met ‘n inbraak in De Kelders verbind. Die eienaar, wat op daardie stadium onbewus was van die inbraak by sy huis, is ontbied om die gesteelde items uit te ken, wat hy wel kon doen. 

Mvujusa Xoslvula (23) is gearresteer en is steeds in aanhouding. Borgtog is teengestaan op grond van sy misdaadrekord.

Blompark-inbraak

‘n Ooggetuie het op 4 Mei 2017 gesien hoe ‘n verdagte in Blompark ‘n venster van ‘n woning oopbreek en die woning betree. Pieter Felix (21) is gearresteer, borgtog is teengestaan en hy is steeds in aanhouding.

Gansbaai Hawe

Op Woensdag, 10 Mei 2017 is Jeffrey Slabbert (23) in Gansbaai Hawe gearresteer vir ‘n inbraak by die Lotteringstoor. Gesteelde eiendom is in sy besit gevind en die verdagte bly in aanhouding as gevolg van vorige veroordelings.

Nuwe battery gesteel

Konst Pieterse van Gansbaai SAPD se speurtak ondersoek die diefstal van ‘n nuwe battery in Blompark. Die enjinkap van die eienaar se Jeep het in Madeliefiestraat oopgestaan met die battery daarin. Konst Pieterse kan vir inligting wat moontlik tot ‘n arrestasie lei, geskakel word.

Gansbaai Groter Buurtwag

Goeie samewerking tussen Gansbaai SAPD en die Groter Gansbaai Buurtwag, wat by AfriForum inskakel, vind tans plaas.

Die buurtwag het ook reeds registrasievorms ontvang om ‘n verteenwoordiger by GPF (Gansbaai Polisiëringsforum) te laat inskakel. Op hierdie wyse kan die buurtwag op hoogte van misdaadgebeure bly.

Nuwe intrekkers

Met verwysing na enkele insidente die afgelope tyd, versoek Gansbaai SAPD nuwe intrekkers wat in besit van vuurwapens is, om die nodige adresveranderinge by AdjOff Human van Gansbaai SAPD te gaan aanmeld.

Vuurwapeneienaars moet kennis neem dat alle vuurwapens in ‘n kluis moet wees wat vasgebout is teen ‘n muur.

Oop vensters

Gansbaai SAPD maan inwoners weer eens om nie vensters oop te laat of deure ongesluit te laat nie. Tydens twee van die afgelope week se inbrake het verdagtes toegang deur oop vensters verkry.

Gansbaai SAPD kontaknommer

Die polisie het klagtes ontvang dat Gansbaai SAPD se landlyn (028 384 0201) soms lui sonder om beantwoord te word.

Dit blyk dat dit ‘n sisteemprobleem is. Wanneer die foonnommer by die polisiestasie besig is, gee dit ‘n luitoon en nie ‘n besettoon nie.

Kapt Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se speurtak het gemeld dat ‘n nuwe nommer geskep is.

Die  noodnommer 10111 kan nie van ‘n selfoon af geskakel word nie, maar slegs vanaf ‘n landlyn, wat soms ‘n groot probleem is. ‘n Nuwe landlynnommer is geskep om hierdie pro-bleem te bowe te kom. Die nommer is 028 384 0774. Indien dit van ‘n selfoon af geskakel word, gaan dit direk deur na die noodnommer, 10111, wat sake baie sal vergemaklik.

Inwoners kan ook gerus die nuwe gratis app op hulle fone aflaai, genaamd My Town Hub.  Gansbaai, sowel as Hermanus se noodnommers kan direk van die Hub af geskakel word.

SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles