Skoolhoofde geskommel

Skoolhoofde geskommel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tommy Volkwyn, Gansbaai Primêr se skoolhoof, is deur die Departement van Onderwys versoek om met ingang van 1 April 2017 as waarnemende skoolhoof, of te wel “Care Taker”, by Masakhane Primary School op te tree. Hierdie pos sal hy tot 31 Desember vanjaar vul, in afwagting van ‘n permanente aanstelling deur die departement.

Daarna sal Tommy na Gansbaai Primêr terugkeer.

Hierdie toedrag van sake het tot gevolg gehad dat Gansbaai Primêr se adjunkhoof, Neil Pedro, die leisels as waarnemende skoolhoof tydens Tommy se afwesigheid oorgeneem het.

In Neil se plek neem Anine Volkwyn as adjunkhoof waar en Hilton Temmers as departementshoof: Intersen.

Masakhane Primary School se voormalige skoolhoof, Maxwell Mdini, het ‘n pos as skoolhoof in die Kaap aanvaar.

“Masakhane Primary School het reeds gedurende Maart vanjaar na die nuwe laerskool in Masakhane oorgetrek,” het Tommy gesê. “Ek beskou hierdie aanstelling as ‘n baie groot uitdaging totdat ‘n permanente skoolhoof hopelik met ingang van 1 Januarie 2018 aangestel sal word en ek weer na Gansbaai Primêr sal terugkeer.”

Ultramodern

Die nuwe laerskool in Masakhane lyk byna soos ‘n universiteitskampus en is in alle opsigte ultramodern. Die terrein beskik selfs oor ‘n boorgat vir eie waterverbruik, asook plafonne wat so vervaardig is dat die klaskamers nie koud kan word nie.

(Lees meer oor die nuwe spoggebou in Gansbaai Courant se volgende uitgawe.)

In kort het Tommy die volgende hoofdoelwitte in sy nuwe hoedanigheid aan homself gestel, behalwe vir die normale dag tot dag bestuur van die skool: daadwerklike pogings om die bestaande curriculum te verbeter; uitbreiding van die skool se buitemuurse program; hulpverlening met die aanstelling van die korrekte kandidaat as skoolhoof deur die nodige insette te lewer; om die skool beter te bemark.

Skoolhoofde geskommel

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles