Neem eienaarskap vir jou gesondheid

Neem eienaarskap vir jou gesondheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die nie-winsgewende gesondheids- en leefstyl organisasie ‘Be Free’, lei hierdie naweek ‘n uitstalling en werkswinkel by die Strandveldsaal in Baardskeerdersbos. 

Belangstellendes kan die uitstalling tussen 11:00 en 15:00 besoek.

Die ekspo fokus op gesondheidsbewuswording en word deur plaaslike gesondheids-entoesiaste aangebied.

Hoewel mense deesdae langer leef, vermeerder die voorkoms van kanker, hartsiektes, tipe II diabetes en demensie teen ‘n ontstellende pas. 

Bekostigbare gesondheidsorg moet dus versigtig bestuur en implementeer word.

Moderne medisyne sal altyd ‘n belangrike rol speel om lewens te red, nogtans het elke persoon die verantwoordelikheid om hulself en hul kinders te leer om vandag en in die toekoms in beheer van hul eie gesondheid te wees.

Mense moet volle verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid aanvaar.

Die menslike liggaam beskik oor die unieke vermoë om homself te herstel, maar die mens moet dan die regte hulpmiddels verskaf en die geskikte omstandighede daarvoor skep.

‘n Opvoedkundige program oor “leefstylmedisyne” wat op die hele liggaam fokus, kan siektes voorkom, gesondheid verbeter en selfs ‘n ommekeer in siektetoestande tot gevolg hê.

Moderne leefwyses het tot gevolg dat kitskos die plek van gesonde, tuis voorbereide voedsel inneem. Verder word gesondheid bedreig deur ongesonde maniere waarop kossoorte voorberei word.

Saterdag se ekspo fokus op gesondheidsbewuswording en bestaan uit ‘n kort opvoedkundige program wat ontwerp is om praktiese vaardighede, tegnieke en idees voor te stel wat deelnemers in hul daaglikse lewens kan toepas. 

Sodoende kan hulle hulself en hul gesinne op die weg na ‘n gesonder toekoms plaas.

Beslis ‘n geleentheid waarby ‘n ieder en elk baat sal vind.

Neem eienaarskap vir jou gesondheid

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles