'Suidooster' sepiester by aand van sterre

'Suidooster' sepiester by aand van sterre

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Aand van Sterre! - Die aand is te danke aan Abduragmaan Adams, of te wel Ian October van die sepie, Suidooster, wat as eregas tydens Gansbaai Academia se sprankelende Cultivaria-aand opgetree het.

Hierdie geleentheid wat Donderdag, 11 Mei 2017 in Gansbaai Academia se stampvol saal plaasgevind het, bied leerders jaarliks die geleentheid om items van verskeie kunste te lewer - vanaf dans en voordrag tot sang.

Leerders van Roodewal Primêre Skool in Worcester het die gehoor vermaak met ‘n tradisionele rieldans en al wat kort gekom het, was die stof.

Die opvoeders het nie vanjaar teruggestaan nie en het gedeeltes uit die sepie, Suidooster opgevoer wat die aand se hoogtepunt was.

Leerders van Gansbaai Primêr het ook hulle talente vertoon met twee  dansitems wat hulle gelewer het. 

Die organiseerder van die aand, Patricia Zali (skeppende kunste en opvoeder), sê die Cultivaria-aand se sukses is te danke aan die talentvolle en hardwerkende studente.

Die aand het ook gelukkige wenners opgelewer.

Marveneen Pieterse en Lynette Dreyer het elk ‘n ete by Gansbaai Wimpy gewen.

Ian October het aan die gehoor, en veral die leerders, gesê dat hulle alles in hulle vermoë moet doen om na skool te gaan studeer en dat daar niks fout daarmee is om in die Kunste te studeer nie.

'Suidooster' sepiester by aand van sterre

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles