Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nog donker die oggend en wanneer die boot afgelaai is moet jy jou plig nakom om die voertuig met die sleepwa in ‘n parkeerarea te gaan parkeer. Wat ookal die rede, jy begaan ‘n oordeelsfout en met die parkeerslag beskadig jy die voertuig langs jou. Dit klink na net ‘n ligte skrapie.

Jy weet jy is skuldig maar jou skipper is haastig.

Wat nou? Wat is die logiese ding om te doen?

Heel eerste moet jy aanvaar dat dit nie daar sal eindig nie en dat dit jou plig is om die saak verder te voer. Dink aan die beskadigde voertuig se eienaar en hoe hý gaan voel! Kom ons kyk na die opsies. So vroeg in die oggend is die kanse skraal vir die nota-uitkoms, dis net nie beskikbaar nie. Indien die skade ernstig is (maak liewer seker hiervan) moet jy maar vergeet van see toe gaan en die polisie in die prentjie kry. Dis dan amptelik en die storie sal sy loop neem.

Met iets soos ‘n skraap het jy steeds verpligtinge, maar daar is ander opsies. Op elke sleepvoertuig moet daar ‘n kontaknommer wees.

So gou moontlik kan die eienaar dan gekontak  en die situasie aan hom verduidelik word. ‘n Erkenning van skuld, die gepaardgaande verskoning en die gerusstelling van die skadeherstelling behoort genoegsaam te wees.

Indien daar om een of ander rede nie ‘n kontaknommer beskikbaar is nie, kan die persoon in beheer van die hawe wel later (so gou moontlik darem) in kennis gestel word van die gebeure wat plaasgevind het.

Ons neem aan dat hy nie so vroeg die oggend al aan diens is nie. Indien hy ook nie gekontak kan word nie, skakel dan iemand by die huis wat die nodige stappe kan neem.

Ons moet aanvaar dat niemand so iets met opset sal doen nie en dalk ‘n aanvaarbare rede kan meld waarom dit gebeur het. In so ‘n geval en wanneer  die regte aksie gevolg is, behoort wedersydse respek te verseker dat daar ‘n oplossing gevind word.

Dit dan, volgens my, is die logiese stappe wat gedoen moet word.

Groete, Seemeeu

Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles