Boosdoeners vasgevat

Boosdoeners vasgevat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Man wat vir huisbraak gearresteer is, maar daarna nie met enige van die sake verbind kon word nie, se samewerking met die polisie het tot die arrestasie van 8 vermeende boosdoeners gelei.

Die arrestasies met adjudant-offisier Vermeulen van Gansbaai speurtak aan die stuur, het in die Franskraal Karavaanpark plaasgevind in samewerking met die Overstrandse 'Cluster' Honde-eenheid. Die verdagtes het Maandag, 22 Mei 2017 in die Hermanushof verskyn waar borgtog teengestaan is.

Weens verdere ondersoek kon hul name nie bekend gemaak word nie.

Honde-eenheid by nog 4 arrestasies betrokke

Konst Meyer van die 'Cluster' Honde-eenheid het Vrydag, 19 Mei 2017 buurtwaglede begelei om spesifieke deurgangroetes aan hulle uit te wys. Tydens die tog het hulle op 4 verdagtes afgekom wat op pad was om te gaan inbreek. Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van gereedskap wat gebruik word om in te breek, soos ‘n skroewedraaier, boutsnyer (bolt cutter) en ‘n koevoet (crow bar).  

Die verdagtes is geïdentifiseer as betrokkenes by vorige huisbrake.

Hulle het Maandag, 22 Mei 2017 in die Hermanushof verskyn waar borgtog teengestaan is. Hulle name kan weens ‘n uitkenningsparade wat nog  nie afgehandel is nie,  nie bekend gemaak word nie.

Buurtwagte

‘n Ernstige beroep word op inwoners gedoen om by die onderskeie buurtwagte aan te sluit en om veral behulpsaam te wees met die ry van nagpatrollies.

Groter Gansbaai se buurtwag vereis lidmaatskap van AfriForum en dit is die moeite werd om dit ernstig te oorweeg om ‘n lid van die organisasie te word.

Almal wil snags veilig voel terwyl hulle tuis is, maar slegs ‘n paar mense is  bereid om by die buurtwagte aan te sluit en  behulpsaam te wees met onder andere, nagpatrollies. ‘n Volledige lys van die onderskeie buurtwaggroepe word gereeld in die Gansbaai Courant gepubliseer.

Nie net vir misdaad

Franskraal buurtwag, asook die inwoners van Franskraal, het getoon dat hulle nie net teen misdaad opruk nie, maar dat hulle ook ‘n helpende hand in nood kan uitreik.

‘n 69-jarige man wat aan Parkinsonsiekte ly het verlede week  in Franskraal soek geraak. Die Franskraal Buurtwag en verskeie lede van die publiek het naderhand na die man begin soek, veral nadat dit op die Facebookgroep ‘Wie maak vir Gansbaai’ lekker geplaas is.

Onder leiding van Willem van der Merwe, van die Franskraal Buurtwag is hy opgespoor waar hy aan ‘n draadheining vasgehaak het. Hy het ligte snymerke opgedoen en was gedisoriënteerd toe hy gevind is. Hy het ook sy sonbril en gehoorstuk in die proses verloor.

Gesoek

‘n Verdagte, Francois May (27) op die foto hiernaas, word deur Gansbaai SAPD se speurtak gesoek vir dringende ondervraging.

Enigiemand met inligting waar die verdagte hom bevind, kan met Gansbaai SAPD se speurtak in verbinding tree by 028 384 0201.

Boosdoeners vasgevat

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles